Sasol DigiMag 1 klop Middelburg 1

Dalton Smit en Fanie Booysen het elk 'n drie gedruk terwyl Anwar Fillis drie maal die bal agter die doellyn gedruk het.

SECUNDA – Sasol DigiMag en Middelburg het op 22 Junie op Middelburg kragte gemeet.

Die eerstespanne het vir die wen baklei en Sasol DigiMag was verlig om met 33 teenoor Middelburg se 32 te kon seëvier.

Dalton Smit en Fanie Booysen het elk ‘n drie gedruk terwyl Anwar Fillis drie maal die bal agter die doellyn gedruk het.

Marinus van der Merwe het daarin geslaag om vier van die drieë te verdoel. Fillis en ook die hele voorry is as spelers van dié wedstryd aangewys.

Sasol DigiMag se tweedespan het egter met 22 punte verloor.

Middelburg het 34 punte op die telbord gesit en Sasol DigiMag slegs 12.

Rudolf Pretorius en Eddi Mphuthi het elk ‘n drie gedruk en Pretorius het een drie verdoel.

Micheal Podges en Pretorius is as spelers van die wedstryd aangewys.

Hier is Dalton Smit in aksie tydens die wedstryd. (Foto: Verskaf)
Exit mobile version