Hoërskool Zwartkop spog nie net met vier netbalspanne wat deurgedring het na die Gauteng-uitspele nie – drie van hierdie spanne het ook vir die Suid-Afrikaanse kampioenskap gekwalisfiseer.
Die poelwedstryde vir die Gauteng-uitspele het op Vrydag, 16 Junie plaasgevind, waarin skole mekaar die stryd aangesê het vir ’n plek in die kwartfinaal.
Die o.17-span tree met ’n 13e plek uit die stryd.
Die o.14-span dring deur na die finaal waar hulle in ’n naelbyt-wedstryd ’n tweede plek uit meer as 900 hoërskole in Gauteng behaal.
Na ’n senutergende semi-finaal dring die o.16’s ook deur na die finaal en behaal ’n oortuigende oorwinning oor Hoërskool Menlopark en tree as nommer een in Gauteng uit die stryd.
Die vlagskip-span van die skool, die eerste span, het ook uitnemend gespeel en dring deur na die finaal teen Hoërskool Menlopark.
Na ’n uitmergelende stryd wen Menlopark en Zwartkop eindig tweede in Gauteng. Om die dag op die hoogste moontlike noot af te sluit, deel Zwartkop en Menlopark die trofee vir beste netbalskool in Gauteng.
Tydens die Suid-Afrikaanse kampioenskap in Boksburg op 20 en 21 Julie, het beide die o.14 en o.16-spanne elk die titel van die tweede beste span in die land omhoog gehou.
Die eerste span speel eerskomende naweek vir hul plek in die Suid-Afrikaanse kampioenskap. Baie geluk en sterkte aan hierdie dogters en hul afrigters.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.