SKOOL: Zwarrie netbal speel Gauteng aan die brand

Die o.17-span tree met ’n 13e plek uit die stryd.

Hoërskool Zwartkop spog nie net met vier netbalspanne wat deurgedring het na die Gauteng-uitspele nie – drie van hierdie spanne het ook vir die Suid-Afrikaanse kampioenskap gekwalisfiseer.

Die poelwedstryde vir die Gauteng-uitspele het op Vrydag, 16 Junie plaasgevind, waarin skole mekaar die stryd aangesê het vir ’n plek in die kwartfinaal.

Die o.17-span tree met ’n 13e plek uit die stryd.

Die o.14-span dring deur na die finaal waar hulle in ’n naelbyt-wedstryd ’n tweede plek uit meer as 900 hoërskole in Gauteng behaal.

Na ’n senutergende semi-finaal dring die o.16’s ook deur na die finaal en behaal ’n oortuigende oorwinning oor Hoërskool Menlopark en tree as nommer een in Gauteng uit die stryd.

Die vlagskip-span van die skool, die eerste span, het ook uitnemend gespeel en dring deur na die finaal teen Hoërskool Menlopark.

Na ’n uitmergelende stryd wen Menlopark en Zwartkop eindig tweede in Gauteng. Om die dag op die hoogste moontlike noot af te sluit, deel Zwartkop en Menlopark die trofee vir beste netbalskool in Gauteng.

Tydens die Suid-Afrikaanse kampioenskap in Boksburg op 20 en 21 Julie, het beide die o.14 en o.16-spanne elk die titel van die tweede beste span in die land omhoog gehou.

Die eerste span speel eerskomende naweek vir hul plek in die Suid-Afrikaanse kampioenskap. Baie geluk en sterkte aan hierdie dogters en hul afrigters.

Agter vlnr: Mia du Plessis, Bernelize Rudolph, Linné Hurter en Tiana du Plessis.
Voor vlnr: Gazelle Jordaan, Ziné Swart, Me. Michelle Kemp, né Deysel en Marcelle Naudé.
Agter vlnr: Hanneli Olivier, Bernice Armstrong, Linelle Terblanche, Melissa van Blerk, en Marichel Visagie.
Voor vnlr: Me. Eloise van Wyk, Almé Hugo, Ina-né O’Callaghan, Iné Smit, Leané van Zyl en Me. Irené Vorster.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version