Helpende hande reik uit in Paastyd

Omgeegroepe van Pretoria-Noord het ’n feestlike pretdag gereël om uit te reik na die Wolmer gemeenskap.

Die Pretoria-Noord Omgee-groep, in samewerking met die Aksia-tak van Solidariteit Helpende Hand, het Saterdag ’n heerlike Paasfees Pretdag in Wolmer gehou.

Kinders van die omgewing is met Paasfees-verrassings bederf en kunstenaars Sussie Wie, De Klerk en Marli het opgetree en almal in ’n feestelik bui gesit met hul musiek.

Die kinders het ook aan prettige aktiwiteite soos gesigsverf deelgeneem. Volgens JB Venter, voorsitter van Pretoria-Noord Omgee-groep, het honderde mense die dag bygewoon. “Ons wou in die gees van Paasfees  uitreik aan die Wolmer-gemeenskap en besluit op ‘n pretdag,” het Venter gesê.

Ingrid Schuster, tesame met die ander lede van die Pretoria-Noord Omgee-groep, het hard gewerk om seker te maak dat almal van die gemeenskap ‘n geseënde Paastyd ervaar.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version