Die Pretoria-Noord Omgee-groep, in samewerking met die Aksia-tak van Solidariteit Helpende Hand, het Saterdag ’n heerlike Paasfees Pretdag in Wolmer gehou.
Kinders van die omgewing is met Paasfees-verrassings bederf en kunstenaars Sussie Wie, De Klerk en Marli het opgetree en almal in ’n feestelik bui gesit met hul musiek.
Die kinders het ook aan prettige aktiwiteite soos gesigsverf deelgeneem. Volgens JB Venter, voorsitter van Pretoria-Noord Omgee-groep, het honderde mense die dag bygewoon. “Ons wou in die gees van Paasfees uitreik aan die Wolmer-gemeenskap en besluit op ‘n pretdag,” het Venter gesê.
Ingrid Schuster, tesame met die ander lede van die Pretoria-Noord Omgee-groep, het hard gewerk om seker te maak dat almal van die gemeenskap ‘n geseënde Paastyd ervaar.