NewsNews

Help bloednood verlig

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD), nooi die gemeenskap van Parys om bloed te skenk op Dinsdag 12 April by die Hervormde Kerksaal vanaf 13:00 tot 19:00 in ’n poging om veilige, genoegsame bloed in te samel om die lewens van baie te red. Die doelwit vir die dag is 100 eenhede bloed.

Die behoefte aan bloed neem nie af nie, en pasiënte benodig steeds ongeveer 3 000 eenhede bloed per dag. Vir elke dag wat hierdie doelwit nie bereik word nie, word die beskikbare voorraad uitgeput.
Om ʼn bloedskenker te word moet jy:
•Tussen die ouderdom van 16-65 wees
•Meer as 50kg weeg
•Iets voor jou skenking eet
•ʼn Veilige seksuele leefstyl lei
•Gesond wees op die dag van skenking
Alle bloedgroepe is baie belangrik, maar daar is veral ’n  groot behoefte aan spesifiek Groep O bloed omdat hierdie bloedgroep verenigbaar is met al die ander bloedgroepe.

Related Articles

Back to top button