Hoërskool Ben Viljoen by Fast 5-netbaldag

Hoërskool Ben Viljoen netbalspanne eindig in die 10de en sesde plekke onderskeidelik in die Fast 5-netbaldag by Hoërskool Middelburg.

Hoërskool Ben Viljoen se o/15 en o/17-netbalspanne het aan Hoërskool Middelburg se Fast 5-netbaldag deelgeneem.
Ná ’n dag van opwindende netbal, eindig die o/15-span in die algehele 10de plek, met die o/17-span in die algehele sesde plek.

Die o/15’s, afgerig deur me. Hannelie Blok en me. Carla Snyman. Nicke Botha, Carlia Kirchner, Atlegang Sedibane, Koketso Ntobeng, Thabo Nkadineng, Omphile Kgapola, Meané Hancke, Zano Vazi, Kamo Shadung en Katinka Wessels. Foto: Verskaf.

Die uitslae vir die o/15’s is as volg (Ben Viljoen uitslae eerste genoem): 15-19 vs Ligbron, 8-22 vs Ligbron A, 8-22 vs Hoërskool Middelburg, 17-8 vs Delmas, 19-20 vs Hoërskool Generaal Hertzog.
Die uitslae vir die o/17’s is as volg: 9-17 vs Hoërskool Middelburg, 15-7 vs Mandlas, 14-34 vs HTS Middelburg se Rooispan, 16-25 vs HTS Middelburg se Blouspan, 4-19 vs Hoërskool Delmas.

Exit mobile version