Avatar photo

By Carien Grobler

Deputy Digital Editor


‘n Tweede baksel van ‘Koek’ is in die oond

Die eerste reeks is een van die tien mees gestroomde Afrikaanse reekse op Showmax sedert sy herbekendstelling in Februarie.


Showmax het Donderdag by die kykNET Silwerskermfees in Kaapstad aangekondig dat ‘n tweede reeks van Koek in die oond is.

Die eerste reeks is een van die tien mees gestroomde Afrikaanse reekse op die stroomdiens sedert sy herbekendstelling in Februarie.

Die misdaadkomedie is die mees benoemde vir die Silwerskerm-toekennings: Cindy Swanepoel (beste aktrise in ‘n dramareeks), Stian Bam en Jacques Bessenger (beste akteur in ‘n dramareeks), Sandra Prinsloo en Llandi Beeslaar (beste ondersteunende aktrise in ‘n dramareeks en Dawid Minnaar (beste ondersteunende akteur in ‘n dramareeks).

Christelle se soektog na haar man se stoute danseres

Die reeks handel oor die Kaapstadse huisvrou Christelle Smit wat bewyse ontdek dat haar man ‘n verhouding Candi Floss, ‘n ontkleedanseres het. Haar ondersoek hierna neem haar na ‘n wêreld ver weg van die voorstedelike utopie wat sy ken.

Swanepoel, wat verlede jaar die toekennings vir die beste aktrise by die Suid-Afrikaanse rolprent- en televisie- en Silwerskerm-toekennings ingepalm het vir haar rol as Annelize in Binnelanders, speel die rol van Christelle, met skermlegende Prinsloo as die maffiabaas en ontkleeklub-eienaar by wie sy binnekort in die skuld is.

Die skrywer van die reeks is die Safta- en Silwerskerm-bekroonde Christiaan Olwagen. Johannes Pieter Nel is die regisseur.

‘n ‘Mal’ konsep in Afrikaans

“Christiaan se konsep is maar mal en ek is so dankbaar vir Showmax wat gesê het hy moet voortgaan, dit in Afrikaans vertel sonder om skaam te wees en terug te hou,” sê ‘n duidelik verheugde Swanepoel. “Dit is beslis wat Koek onderskei.”

“Dit is so ‘n eer om hierdie karakter te herbesoek en nog ‘n reeks te maak,” gaan sy voort. “Christelle nou? Sy is edgy, sy is gevaarlik, sy is hardcore. Moenie met haar mors nie; sy is deur baie, maar sy is ook kwesbaar. Daar sal ook baie komiese elemente tussen die ernstige elemente wees. Dit is die soort storievertelling wat ek graag doen en ek kan nie wag om haar te speel en te sien waar sy nou is nie.”

Koek S2 sal in 2025 gereed wees om te verslind. Terwyl jy wag kan jy die eerste reeks hier kyk.

Kyk hier na die lokprent van die eerste reeks:

*Die toekennings word Saterdagaand op ‘n glansgeleentheid by die Silwerskermfees in Kaapstad oorhandig.

LEES NOU: Silwerskermfees: Almal wil ‘n skyfie van ‘Koek’ hê

Read more on these topics

TV shows

For more news your way

Download our app and read this and other great stories on the move. Available for Android and iOS.