TV

Noordheuwel-tiener: Van klas na spookkaskenades in nuwe tienerreeks

Rico Immelman, ‘n 17-jarige graad 11-leerder aan die Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp, het sy eerste hoofrol in die TV-reeks Spooksoeker losgeslaan.

Rico vertolk Warno Alberts in Showmax se nuwe tienerreeks. Die reeks is gebaseer op die topverkoperboeke deur die veelbekroonde skrywer François Bloemhof. Dit handel oor Warno Alberts wat ná sy 15de verjaardag bewus word van spoke in sy dorpie. Hy besef dat dit sy taak is om van hulle ontslae te raak

Die rolverdeling kom terwyl Rico die 60ste ATKV Tienertoneel bywoon – die Afrikaanse hoërskool-toneelkompetisie wat vandeesweek in Kaapstad plaasvind. Hy is by verlede jaar se ATKV Tienertoneel vir beste akteur benoem.

Advertisement

Rico is ook een van die finaliste in die ATKV-DigiToneel-kompetisie, waarin hoërskoolleerlinge die geleentheid kry om hul spel vir die kamera te ontwikkel deur monoloë te verfilm.

As deel hiervan verskyn hy ook in die vierde seisoen van ATKV se werklikheidsreeks, Gekies vir die Kollig, wat vanaf middel Oktober op DStv kanaal 147 uitgesaai word.

Rico se roepstem vir die kollig

“Ek het nog altyd aan eisteddfods deelgeneem – om die waarheid te sê, ek het aan elke moontlike ding deelgeneem, sê Rico.

Advertisement

“Ek wou nog altyd, so lank as wat ek kan onthou, net op die verhoog wees,” sê die talentvolle jong akteur wat in gr. 6 by ‘n toneelagentskap, Talent-ETC, ingeskryf en het reeds in David Kau se The First Last Tour, die Silwerskerm-kortfilm Bennie Bingo, die kykNET-film Die Fantastiese Verdwyning Van Charlie Prins, en as die jong Kalla in 7de Laan verskyn het.

‘Spooksoeker’ skitter met top-rolverdeling

In Spooksoeker speel Rico die hoofrol teenoor Paul Strydom, wat Warno se ouer broer Ziaan vertolk. Paul (19) het verlede jaar aan die Hoërskool Parelvallei gematrikuleer.

Terwyl sommige besonderhede nog ‘n geheim is, sal Rico en Paul ondersteun word deur ‘n formidabele rolverdeling wat verskeie Safta- en Silwerskerm-wenners insluit – sommige as spoke.

Advertisement

“Dis mense met wie ek gedroom het om saam te werk, mense waarna ek as ‘n klein seuntjie op TV gekyk het en gesê het: ‘Ek wil eendag saam met haar werk'”.

Hy gebruik Izel Bezuidenhout as voorbeeld. “Ek het Agent 2000 gekyk toe dit uitkom. Ek dink ek was so 11 jaar oud, in gr.5. So, op Spooksoeker het ek letterlik teenoor my kinder-crush opgetree!” sê hy laggend.

Die omvang van die produksie het vir Rico as ‘n skok gekom, veral die waaghalswerk. “Ons het mense gehad wat van brûe afspring; ek het dit glad nie verwag nie,” sê Rico. “Ook net die gehalte van die verfilming en die produksiespan se werk, hoe almal so goed saamwerk. Ek was stomgeslaan.”

Advertisement

Warno laat hom deur niks onderkry nie

Rico het sy karakter baie herkenbaar gevind. “Warno is iemand wat baie omgee vir die mense om hom. Hy is regtig bang om hulle seer te maak – emosioneel of fisiek. Dwarsdeur die reeks wil baie mense Warno seermaak, maar hy wil net almal om hom beskerm.

Die manier waarop hy dit probeer doen, plaas egter almal in meer gevaar. Dus, deur te doen wat hy dink reg is, en wat hy dink sy familie en vriende sal beskerm, maak hy soms die situasie erger.

“Ek sou sê ek is net soos Warno. Ek gee baie om vir die mense om my en ek probeer altyd die regte ding doen, maar soms gooi die lewe jou neer en sukkel jy om weer op te staan. Maar ‘n goeie waarde wat Warno het, is dat hy nooit moed verloor nie, ongeag hoeveel keer hy platgeslaan word.

Advertisement

“In die middel van die seisoen is daar ‘n gedeelte waar Warno regtig amper tou opgooi. Hy weet nie wat om volgende te doen nie, maar dan klim hy net weer op die perd. En ek voel dit is ’n goeie waarde wat ek ook in my lewe kan implementeer.”

Ná ‘Spooksoeker’ is matriek die fokus, maar die kollig wag steeds!

Noudat Spooksoeker klaar is, sal Rico daarop fokus om sy skoolwerk in te haal. Oor sy doelwitte vir die toekoms, sê hy: “Eers gaan ek net matriek klaarmaak!”

Spooksoeker sal egter nie Rico se laaste rol wees nie. “Ek wil beslis in die bedryf bly en meer werk en meer betowering op die verhoog en voor die kamera skep,” sê Rico.

Hy het wat ook vanjaar jaar begin het om by die wêreldkampioenskappe vir dubbele mini-trampoliengimnastiek mee te ding.

“Ek weet nog nie of ek wil studeer nie, maar ek weet ek wil vir altyd voor ’n kamera en op die verhoog wees.”

*Spooksoeker sal na verwagting in Desember 2024 op Showmax uitgereik word.

LEES NOU: ‘Nêrens, Noord-Kaap’ se 2de hoofstuk begin

For more news your way

Download our app and read this and other great stories on the move. Available for Android and iOS.

Published by
By Carien Grobler
Read more on these topics: TV shows