Avatar photo

By Carien Grobler

Deputy Digital Editor


‘Laataand by Rian’ keer ‘n derde keer terug

In die derde seisoen gaan komediante, sangers, grapmakers en vuurvreterpolitici 'n draai maak.


Die TV-aanbieder Rian van Heerden is binnekort terug op die kassie met die derde seisoen van Laataand by Rian.

Die program bly by sy beproefde formule: Rian gesels met ‘n bekende persoonlikheid in die eerste segment, waarna ‘n tweede gas as verrassing by hulle aansluit. Hierdie gesprekke vind in Delizioso, sy restaurant in Pretoria, plaas.

Onder die gaste wat in die vorige seisoen saam met Rian gekuier het, was Thys die Bosveldklong, Whitey Basson, Tereza Troskie-Herbst en Dricus du Plessis.

LEES OOK: ‘Een keer om die son’: ‘n Familie se bitter en soet oor ‘n jaar

Rian sien uit na gesprek met komediant

Rian sien uit na die nuwe seisoen: “Ek en my gaste raak so gemaklik in ons gesprekke dat ek aan die einde van die laaste seisoen vergeet het daar is kameras. Hierdie seisoen sal ek soos gewoonlik belangrike sowel as ligte temas met my gaste bespreek. Ek glo baie mense sal ná elke episode stof tot nadenke hê.”

In die derde seisoen gaan komediante, sangers, grapmakers en vuurvreterpolitici ‘n draai maak. Kykers kan uitsien na gesprekke tussen Rian en die radiopersoonlikheid Amore Bekker, die voormalige gyselaar Gerco van Deventer, die minister van korrektiewe dienste, Pieter Groenewald, en die voormalige prokureur Peet Viljoen. Peet het bekend geword as die “sesde huisvrou” toe sy vrou, Mel, aan Die Real Housewives of Pretoria deelgeneem het.

“Ek sien veral uit na my gesprek met Alfred Adriaan. Hy is een van my gunsteling-komediante. Ek sien ook baie uit daarna om met Gerco van Deventer en Karlien van Jaarsveld te praat,” sê Rian.

Kyk hier na uittreksels uit die vorige twee seisoene.

*Skakel vanaf 8 Oktober 2024 om 21:00 in op kykNET (DStv-kanaal 144) vir die derde seisoen van Laataand by Rian. Die reeks sal ook op DStv Catch Up en DStv Stream beskikbaar wees.

LEES NOU: ‘Een keer om die son’: Die omwenteling is byna voltooi

Read more on these topics

kykNET TV shows

For more news your way

Download our app and read this and other great stories on the move. Available for Android and iOS.