Entertainment

Silwerskermfees: Almal wil ‘n skyfie van ‘Koek’ hê

Koek, Showmax se misdaadkomedie, het vanjaar die meeste benoemings vir ‘n dramareeks vir die jaarlikse Silwerskermfees-toekennings ingepalm.

Die reeks volg die verhaal van Christelle Smit, ‘n Kaapse huisvrou wat ontdek dat haar man ‘n verhouding het Candi Floss, ‘n ontkleedanseres. Hierdie ontdekking lei haar na ‘n wêreld wat radikaal verskil van die voorstedelike utopie wat sy ken.

Die Safta-bekroonde Cindy Swanepoel, wat ook reeds voorheen by die Silwerskerm-toekennings vereer is, vertolk die rol van Christelle. Cindy is hiervoor as beste aktrise in ‘n drama benoem.

Advertisement

Haar medespelers Sandra Prinsloo en Llandi Beeslaar, wat ‘n maffia-baas en haar dogter vertolk, is ook vir hul rolle in die kategorie vir beste byspeler in ‘n drama benoem.

Koek is geskryf deur Christiaan Olwagen, wat ook al Safta- en Silwerskerm-toekennings gewen het, met Johannes Pieter Nel as regisseur. Tian Bam, Jacques Bessenger en Dawid Minnaar is ook vir hul rolle in die kategorie beste byspeler in ‘n drama benoem.

Met Vrouemaand amper op ‘n einde, het ons met Cindy en Llandi oor hul benoemings gesels.

Advertisement

Silwerskerm-toekennings: Cindy se reis van erkenning en groei

“Om vir ’n Silwerskerm-toekenning benoem te word, beteken alles vir my. Ek het al ‘n pad saam met die Silwerskermfees gestap. Meer as tien jaar gelede het ek die eerste keer in ‘n kortfilm vir die fees verskyn.

“En ek het my eerste benoeming gekry en my eerste toekenning by die Silwerskermfees in 2018 gewen toe ek Fluit Fluit, ‘n kortfilm gespeel het. Dit het die wêreld vir my beteken. Ek onthou daardie dag asof dit gister was.

“So, om nou jare later steeds benoem te word, is ongelooflik. Dit wys my net dat hulle wel na my werk kyk en sien hoe ek gegroei het.

Advertisement

“Ek het my reis met Binnelanders ná agt jaar presies ‘n jaar gelede beëindig en natuurlik was ek ‘n bietjie bang. ‘Doen ek die regte ding? Kan ek nog ander karakters speel? Kan ek ander genres verstaan?’

“Daar is ‘n bietjie van daardie vrees wat daarmee gepaard gaan, so om hierdie benoeming te kry, beteken dit vir my: ‘Oukei, jy is nog op die regte pad. Jy kan ander karakters en genres speel en jy kan ’n storie dra.’

“In vergelyking met al die ander mylpale beteken dit baie, meer as wat ek kan beskryf.

Advertisement

“Die eerste persoon wat ek vertel het, was natuurlik my verloofde, Craig Urbani. Hy was ongelooflik ondersteunend deur die Koek-reis en ek kon aan niemand anders dink wat dit eerste moes hoor nie. Hy ondersteun my in my loopbaan en deel altyd soveel in my vreugde.”

Luister na hoe Cindy oor haar benoeming gesels.

Advertisement
Llandi Beeslaar as Stefanie in Koek. Foto: Showmax

Koffie en ‘n benoeming: Llandi se oggendverrassing

“Ek wens ek kon voorgee dat ek iets badass gedoen het toe ek die nuus van my benoeming kry, maar ek was eintlik net in die bed, het e-posse gelees en my oggendkoffie gedrink kry.

“Ek het werklik nie hierdie benoeming verwag nie. Veral as ek kyk na die groep kickass vroue saam met wie ek genomineer is. Om erkenning te kry vir die werk wat jy doen, is altyd ‘n goeie gevoel en ek weet hoe baie bevoorreg ek is om in dieselfde kategorie genoem te word as hierdie wonderlike baanbrekers in die industrie.”

*Die toekennings word Saterdagaand op ‘n glansgeleentheid by die Silwerskermfees in Kaapstad oorhandig.

Kyk hier na die lokprent vir ‘Koek’

LEES NOU: Van rugbypaal tot rolprentrol – My f*k, Marelize word ‘n fliek

For more news your way

Download our app and read this and other great stories on the move. Available for Android and iOS.

Published by
By Carien Grobler
Read more on these topics: TV shows