Avatar photo

By Carien Grobler

Deputy Digital Editor


KYK: Ons ontmoet 2024 se hubare boere

Sedert sy in 2020 die leisels oorgeneem het, het Marciel Hopkins die harte van kykers gewen en boere gehelp om ware liefde te vind.


In ‘n eksklusiewe onderhoud met Landbouweekblad het Marciel Hopkins, die geliefde aanbieder van Boer soek ‘n vrou, aangekondig dat sy die program ná vier seisoene verlaat.

Sedert sy in 2020 die leisels oorgeneem het, het Marciel die harte van kykers gewen en boere gehelp om ware liefde te vind.

Sy beskryf haar tyd op die program as ‘n “enorme voorreg” en deel hoe haar ervaring met 40 boere haar lewe verryk het en haar trots gemaak het om ‘n Suid-Afrikaner te wees. Die 16de seisoen, wat op Donderdag 18 Julie afskop, sal haar laaste wees.

Marciel koester die herinneringe en lewenservaringe wat sy opgedoen het.

Haar voorgangers sluit Leah van Niekerk, Minki van der Westhuizen, Nadia Beukes, Angelique Gerber en Elma Postma in.

kykNET sal haar opvolger ná die afloop van die huidige reeks bekend maak.

Die program, wat al sedert 2008 ‘n hoogtepunt op die Suid-Afrikaanse televisie-kalender is, het al verskeie boere gehelp om hul lewensmaats te vind. In die jongste seisoen het drie van die topvyf boere naamlik boere Francois, Hennie en Louis B, liefde gevind en getrou.

Boer soek ‘n vrou sal voortgaan om kykers te bekoor met die liefdesreise van die vyf boere wat die meeste inskrywings ontvang.

Ontmoet 2024 se tien boere

André, 31 (vroulike pasmaat)
Naboomspruit, Limpopo
Boerdery: Vee, wild en pekanneute

Daandré, 26 (vroulike pasmaat)
Brits, Noordwes
Boerdery: Groente

Hendri, 31 (vroulike pasmaat)
Dewetsdorp, Vrystaat
Boerdery: Bees & skaap            

Jacques, 26 (vroulike pasmaat)
Venterstad, Oos-Kaap
Boerdery: Skaap & bees

Janco, 37 (vroulike pasmaat)
Colesberg, Vrystaat
Boerdery: Skaap, bees en wild

JW, 23 (vroulike pasmaat)
Villiersdorp, Wes-Kaap
Boerdery: Gemeng, appels, pere en skaap

Lulani, 40 (vroulike pasmaat)
Philippolis, Vrystaat
Boerdery: Bees en Skaap   

Niel, 30 (vroulike pasmaat)
Dannhauser, KwaZulu-Natal
Boerdery: Saai & vee

Quintus, 38 (vroulike pasmaat)
Winburg, Vrystaat
Boerdery: Vee, saai & gemeng 

Sanel, 39 (manlike pasmaat)
Dwaalboom, Limpopo
Boerdery: Wild & bees

Die reeks bestaan uit 13 episodes en begin op Donderdag 18 Julie om 20:00 op kykNET, kanaal 144 op DStv, en sal ook op DStv Stream beskikbaar wees.

LEES NOU: Mel die Storieverteller se kanon van komiek: Lag vir die lewe se absurditeite

For more news your way

Download our app and read this and other great stories on the move. Available for Android and iOS.