Avatar photo

By Carien Grobler

Deputy Digital Editor


‘Koek’ vat die koek op Silwerskerm-toekennings

Cindy Swanepoel het die toekenning vir beste aktrise ingepalm vir haar rol as Christelle, terwyl Jacques Bessenger (Ryno) met die toekenning vir beste akteur weggestap het.


Dit is goed dat nog ‘n baksel van Koek in die oond is, want hierdie reeks het die kollig gesteel en Sandra Prinsloo (Moekie) het die septer in die byspeler-kategorie geswaai. Die reeks is met vier toekennings vereer – die meeste op die kykNET Silwerskerm-toekennings vir film en TV in Kaapstad.

Christiaan Olwagen se geesteskind, met medeskrywer Wessel Pretorius en Johannes Pieter Nel as regisseur, bied ’n onverskrokke blik op die lewe in die noordelike voorstede van Kaapstad.

Cindy Swanepoel het die toekenning vir beste aktrise ingepalm vir haar rol as Christelle, terwyl Jacques Bessenger (Ryno) met die toekenning vir beste akteur en Dawid Minnaar (Kat) met die toekennings vir beste manlike byspeler weggestap het.

Toekennings vir uitmuntende vermaak

Die gesogte kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en TV is Saterdag tydens ’n spoggeleentheid by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum oorhandig.

Vanjaar is die gesogte Silwerskermbeeldjies weer toegeken aan die akteurs, aanbieders en persoonlikhede wat tussen 1 April 2023 en 31 Maart 2024 uitmuntende vermaak op die kykNET-kanale gelewer het.

Die aand het ook erkenning gegee aan legendes in die vermaaklikheidswêreld. Hans Strydom, wat al sedert 1973 ‘n diep impak op Afrikaanse films het en tans bekend is vir sy rol as At Koster in Binnelanders, en Denise Newman, wie se rol as Bridgette in Suidooster ikonies geword het, is albei vereer vir hul lewenslange bydraes. Roberta Durrant, ‘n gerespekteerde TV-vervaardiger, is ook gehuldig vir haar lewenslange toewyding aan die bedryf.

“Film en TV is soos twee kamers van kykNET se hart,” sê Waldimar Pelser, M-Net-kanaaldirekteur: Premium-kanale. “Hulle kan nie apart gesond funksioneer nie. Om hierdie twee kunsvorme by ’n toekenningsaand te verenig, is nie net lekker nie, maar ook noodsaaklik.

“Dit is inspirerend om te sien hoeveel Afrikaanse inhoudskeppers albei mediums omarm – filmmakers wat TV maak en omgekeerd. Hierdie sukses stoot ons bedryf vorentoe. Dit is van kardinale belang om erkenning te gee aan diegene wat met min hulpbronne uitsonderlike werk op die skerm bring.”

‘n Kwarteeu van vermaak

kykNET vier vanjaar ook ’n kwarteeu van vermaak, wat hoofsaaklik op die Afrikaanse mark gemik is. Oor die afgelope 25 jaar het die kanaal ’n onmisbare deel van Suid-Afrikaanse huishoudings geword, nes biltong en beskuit.

Waldimar beklemtoon dat TV ’n spanpoging is en het groot lof vir kykNET se vennote, wie hy beskryf as meesters van storievertelling, kinematografie, sakebeplanning, ondersoekwerk, vermaak en die vind van oplossings.

“Op hierdie 25ste verjaardag bedank ons almal uit die hart vir die ure, idees, aandag aan detail en liefde wat ons met ons kykers deel. Dankie dat julle kykNET saam met ons gebou het.”

Kykers kan Sondagaand om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) inskakel om die oorhandiging van die Silwerskerm-toekennings te sien, die sterre se uitrustings te bewonder en saam die dramatiese oomblikke van onverbloemde vreugde te beleef.

Kyk hier na die lokprent van die feesgunsteling

Die wenners is elke kategorie

DIE WENNERS IN DIE TV-KATEGORIE IS:

Beste byspeler in ’n komedie

  • Taktiek – Mandri Sutherland

Beste aanbieder in ’n vermaaklikheidsprogram

  • Wie word ’n miljoenêr? – Rian van Heerden

Beste aanbieder in ’n leefstylprogram

  • Ommighellie – Frazer Barry

Beste nuweling in ’n telenovela of sepie

  • Wyfie – Mienke Ehlers

Beste akteur in ’n komedie

  • Taktiek – Bennie Fourie

Beste aktrise in ’n komedie

  • Magda Louw – Desiré Gardner

Beste aanbieder in ’n realiteitsprogram

  • In die sop – Bertus Basson

Beste ensemble-aanbiederspan

  • Toks en Tjops – Breyton Paulse, Hamilton Wessels, Rika Nieuwoudt, Rikus de Beer, Janina Oberholzer, Jean de Villiers, Jonathan Mokuena, Jannie du Plessis, Tommy Dickson (Chef Vaatjie)

Beste byspeler in ’n telenovela of sepie

  • Wyfie – Marguerite van Eeden

Beste manlike byspeler in ’n drama

  • Koek – Dawid Minnaar

Beste vroulike byspeler in ’n drama

  • Koek – Sandra Prinsloo

Beste aanbieder in ’n joernaalprogram

  • Prontuit – Kabous Meiring

Beste aanbieder in ’n dokumentêre realiteitsprogram

  • Grondpad geloof – Dana Snyman

Beste aanbieder in ’n geselsprogram

  • Hannes aan huis – Hannes van Wyk

Beste aanbieder in ’n aktuele program

  • In gesprek – Lourensa Eckard

Beste akteur in ’n drama

  • Koek – Jacques Bessenger

Beste aktrise in ’n drama

  • Koek – Cindy Swanepoel

Beste aktrise in ’n telenovela of sepie

  • Suidooster – Jill Levenberg

Beste akteur in ’n telenovela of sepie

  • Arendsvlei – Jody Abrahams

Persoonlikheid van die Jaar

  • Rachelle Fourie

DIE WENNERS IN DIE SPEELFILM-KATEGORIE IS:

Beste draaiboek van ’n speelfilm

  • Som van twee – Simoné Pretorius

Beste oorspronklike klankbaan in ’n speelfilm

  • Som van twee – Snoozefest, Hunter Kennedy

Beste klankontwerp in ’n speelfilm

  • Die Kwiksilwers – Sound Surgeon Studios, Morné Marais

Beste kinematografie in ’n speelfilm

  • Hier.Na – Ebrahim Hajee

Beste redigering in ’n speelfilm

  • Som van twee – Dries Scholtz

Beste grimering en haarstilering in ’n speelfilm

  • Die Kwiksilwers – Hanri Neethling

Beste kostuums in ’n speelfilm

  • Hier.Na – Ayesha Khatieb

Beste manlike byspeler in ’n speelfilm

  • Som van twee – Pierre Breytenbach

Beste vroulike byspeler in ’n speelfilm

  • Hier.Na -Trudy van Rooy

Beste regie in ’n speelfilm

  • Som van twee – Simoné Pretorius

Beste akteur in ’n speelfilm

  • Som van twee – James Borthwick

Beste aktrise in ’n speelfilm

  • Hier.Na – June van Merch

Beste speelfilm

  • Som van twee

DIE WENNERS IN DIE KORTFILMS-KATEGORIE IS:

Beste draaiboek van ’n kortfilm deur ’n opkomende filmmaker

  • Marie se laaste dag – Mercy Kannemeyer en Lourensa Eckard

Beste regie van ’n kortfilm deur ’n opkomende filmmaker

  • Die Skynwerper – Dewet van Rooyen

Beste kortfilm deur ’n opkomende filmmaker

  • Marie se laaste dag

Beste kinematografie in ’n kortfilm

  • Marie se laaste dag – Tom Marais

Beste redigering in ’n kortfilm

  • Baas se honne – Leon Visser

Beste akteur in ’n kortfilm

  • Die Skynwerper – Ben Albertyn

Beste aktrise in ’n kortfilm

  • Selah – Erica Wessels

Beste Shotgun-kortfilm

  • Baas se honne

DIE WENNERS IN DIE DOKUMENTÊR-KATEGORIE IS:

Beste kort dokumentêr

  • Maak stil die geblaf

Beste regie in ’n kort dokumentêr

  • Maak stil die geblaf – Marisa van Tonder

Beste redigering in ’n kort dokumentêr

  • Vergeet van my – Pierre-Arnold Theron

TOEKENNINGS VIR LEWENSBYDRAE:

  • Denise Newman (aktrise)
  • Hans Strydom (akteur)
  • Roberta Durrant (TV-vervaardiger)

FEESGUNSTELING

  • Die Kwiksilwers

LEES NOU: ‘n Tweede reeks van ‘Koek’ is in die oond

Read more on these topics

TV shows

For more news your way

Download our app and read this and other great stories on the move. Available for Android and iOS.

For more news your way

Download The Citizen App for IOS and Android