Avatar photo

By Carien Grobler

Deputy Digital Editor


‘Een keer om die son’: Die omwenteling is byna voltooi

Een keer om die son het Suid-Afrikaners so aangegryp dat 'n Facebook-groep daaroor geskep is waar kykers oor hul ervaring van die reeks gesels.


“Een keer om die son” op kykNET is ’n dramareeks wat kykers op ’n emosionele reis deur ’n jaar in die lewe van ’n gesin neem. Elkeen van die 12 episodes stem ooreen met ‘n maand, wat die gesin se ervarings, uitdagings en vieringe oor die loop van ‘n kalenderjaar onthul. Dit neem die aarde ‘n jaar om een keer om dit son te beweeg, wat die inspirasie vir die titel was.

Wanneer Lanie (Jana Kruger) in ‘n stapongeluk sterf, laat sy haar man, Ruan (Jacques Bessenger), drie kinders en uitgebreide familie gebroke agter. Hulle begin stadig om die stukke op te tel terwyl Ruan en sy suster, Amé (Donna-Lee Roberts) uitvind dat Lanie ‘n sielkundige gesien het. Dit laat hulle worstel met die vraag oor of dit ‘n ongeluk was en of sy selfdood gepleeg het.

Die reeks spreek verskeie aktuele kwessies soos depressie, Alzheimer se siekte en egskeiding op ‘n meesterlike manier aan. Intussen word die kinders se stryd om hul ma se dood te verwerk en hul ouma, Elma (Joanie Combrink) se wroeging om haar diagnose met Alzheimer se siekte te aanvaar, aangrypend uitgebeeld word.

LEES OOK: ‘Een keer om die son’: ‘n Familie se bitter en soet oor ‘n jaar

‘Een keer om die son’ gryp Suid-Afrikaners aan

Een keer om die son het Suid-Afrikaners so aangegryp dat ‘n Facebook-groep daaroor geskep is waar kykers oor hul ervaring van die reeks gesels. Die groep het byna 20 000 lede.

“Sjoe. Sit en huil ek met die week se episode. Dis so real. So baie emosie wat hulle in die 12 episodes insit voel dalk oorweldigend, maar as ons gaan stilsit en mooi dink, is dit tog hoe elkeen se lewe is. Ons leef so verby mekaar dat ons nie sien hoe die mense langs ons ook sukkel nie,” skryf een van die groep se lede.

“Lani wat met die glimlag leef voor mense, maar die seer en swaar wat intree sodra sy alleen is. Gebrokenheid so groot dat om die beste ma te wees vir hul kinders haar nie kon help heel voel nie.

Om ‘n reeks te kan skryf sodat elke persoon wat dit kyk met een of meer akteurs se storielyn kan relate, is absoluut amazing. Hierdie is by verre die beste reeks nog.”

Met die 11de episode van die reeks wat Dinsdagaand om 8nm op kykNET uitgesaai word, is die omwenteling feitlik voltooi. Skakel in om te sien hoe Amé ‘n ooreenkoms met Tokio moet red, terwyl Salie (Susanne Beyers) besluit om Elma teen haar siekte te help veg. Die reeks is ook op ook op Catch Up en DStv Stream beskikbaar.

LEES NOU: Albert Maritz: Van ‘Torings’ tot tydreise in ‘Een keer om die son’

Read more on these topics

TV shows

For more news your way

Download our app and read this and other great stories on the move. Available for Android and iOS.