Celebs And Viral

KYK | Leeuloop 2024 laat ‘n nasie brul: Danskampioen bekend!

Die sanger en akteur Robbie Wessels sê hy was baie opgewonde om te sien hoe mense op die onlangse Leeuloop 2024-danskompetisie reageer.

“Ek het onlangs ‘n kort video geplaas en gesien die mense geniet dit,” het Wessels aan The Citizen gesê. Ons het toe besluit om die Leeuloop weer op te neem en ‘n nuwe musiekvideo uitgereik. Ek hoop mense dans nog vir jare op die Leeuloop!”

Wessels het Saterdag die wenners van sy danskompetisie aangekondig.

Advertisement

Die kompetisie, waarvoor die publiek op die nuwe weergawe van Wessels se bekende liedjie die Leeuloop moes dans, het behoorlik Wessels se aanhangers aan die praat gehad.

Sakka Boela het in ‘n stadium voorgeloop. Meraai het op TikTok gereageer met: “Sakka Boela moet wen…hy kán sy deeg beweeg!”

Nog ‘n aanhanger het geskryf: “Yes, yes, hy het die moves en is care-free…hoop hy wen!”

Advertisement

“Uiteindelik! Sakka Boela wag al van Gr. 6 af vir Robbie om hom raak te sien,” het Esmé geskryf.

Sakka Boela het hierop gereageer met: “Dis nogal so waar. En hier sien hy my. Kan jy dit nou glo? Ek’s in die sewende hemel. Nou wens ek net ek kan hom ontmoet.”

Doen die ‘Leeuloop’ vir ‘n duisend

Wessels het die kompetisie op TikTok aangekondig met ‘n prys van R1,000 vir die wenner:

Advertisement
@robbie_wessels #templeboys #emoadams ♬ original sound – wessels.robbie

Taai kompetisie

Die kompetisie was taai. Wessels het in ‘n stadium in ‘n video op TikTok gesê die Leeuloop 2024 ruk nou heeltemal handuit!

Toe Wessels die sanger Malishka se video plaas, het Sakka Boela geantwoord met: “Ek sal my game moet lig!”

Wessels het ook deur die loop van die kompetisie sy eie weergawe van ‘n dans op die Leeuloop 2024 se TikTok geplaas:

Advertisement
@robbie_wessels #emoadams #templeboys ♬ original sound – wessels.robbie

En die ‘Leeuloop’ wenners is…

Nadat verskeie skreeusnaakse video’s vir die kompetisie ingeskryf is, het Wessels uiteindelik die wenners aangekondig.

Tanya is in die vierde plek en Sakka Boela in die derde plek. Jay Rock het die tweede plek losgedans terwyl Melishka met die louere weggestap het.

Kyk hier na die wenvideo’s:

Advertisement
@robbie_wessels @Tanya @SakkaBoela @JayRock @Melishka Matthysen ♬ original sound – wessels.robbie

‘Leeuloop’-koors loop steeds hoog

Die Leeuloop is aanvanklik in 2006 op Wessels se album Halley se komeet uitgereik. Op die album verskyn ook verskeie ander treffers soos Asseblief my lief en Skinnidip wat steeds gehore aan die dans kry.

Die Leeuloop het nou, 18 jaar later, ‘n nuwe baadjie aangetrek en te oordeel aan die inskrywings vir die kompetisie, is dit steeds net so gewild.

LEES NOU: Mel die Storieverteller se kanon van komiek: Lag vir die lewe se absurditeite