Celebs And Viral

Nag ou grote: Thys die Bosveldklong is dood

Published by
By Carien Grobler

Aanhangers van Thys Streicher, wat wyd bekend was as Thys die Bosveldklong, het vanoggend op sosiale media met groot hartseer gereageer ná sy afsterwe Saterdagaand. Die geliefde Afrikaanse kunstenaar is tragies oorlede net twee dae voor sy 50ste verjaardag.

Sy vriend en medekunstenaar LJ, wat ook as woordvoerder vir die familie optree, het aan OFM bevestig dat Thys in die hoësorgeenheid van ’n Pretoriase hospitaal sy laaste asem uitgeblaas het.

Thys was bekend om sy sin vir humor en treffende musiek. Agter die skerms het hy egter ‘n stryd teen veelvuldige sklerose (MS) gevoer. Hy is in 2020 gediagnoseer met die siekte wat spiere, spraak en beweeglikheid aantas.

Advertisement
Thys die Bosveldklong toe hy nog gesond genoeg was om op te tree. Foto: Facebook

Thys sing nog ‘n laaste liedjie

Hy was vir ‘n ruk bedlêend en het sedert sy diagnose behandeling ontvang. Dit het hom meer beweeglik gemaak, berig Maroela Media. Hy wou in 2022 terugkeer na die verhoog, maar het teen einde April breinvliesontsteking ontwikkel. Daarna het hy ‘n beroerte gehad.

“Thys was al baie siek toe hy ons skakel om te sê hy wil graag hierdie nommer saam met ons opneem,” het die musiekgroep Die Broers Sondagoggend op hul Facebookblad geskryf. “Met Ian Bossard se toestemming (sy platemaatskappy) het ons dadelik aan die werk gespring. Na die opneem van die instrumente het ons vir Thys gaan optel om die stemopnames te doen. Hy het moeisaam geloop en ewe moeisaam gesing. Soos altyd het hy egter sy beste gegee en deurgedruk. Tussen die opnames deur was daar vir ou Thys altyd tyd vir n grappie. Dis kosbaar om hierdie laaste projek saam met Thys die Bosveldklong – Offisiele blad met julle te deel.

Die Bosveldklong is bekend om treffers soos Jaloers-BokkieIn die middel en Ek hou nie van werk nie. Thys was ook mede-aanbieder van kykNET se program Net vir die Grap.

Advertisement

KYK NOU: Hofmeyr releases duet with AI-generated female voice (citizen.co.za)

For more news your way

Download our app and read this and other great stories on the move. Available for Android and iOS.

Published by
By Carien Grobler