Avatar photo

By Carien Grobler

Deputy Digital Editor


Amore Vittone krap dinge in ‘Diepe Waters’ deurmekaar

“My karakter, Leticia, weet sy is mooi en het mooi borste. Sy wys dit graag, maar sy doen dit smaakvol. Wanneer sy flankeer is dit nie oorweldigend nie. Al wat Leticia wil hê is liefde.”


Die akteur en sangeres Amor Vittone stel Woensdagaand die karakter Leticia aan kykers van die kykNET-telenovelle Diepe Waters voor.

Letitia is ‘n eensame, kwesbare vrou met ‘n leemte in haar lewe nadat haar dogters universiteit toe is. Hoewel sy “nie ‘n lelike kant aan haar het nie,” kom krap sy Sanet (Nadia Valvekens) en Ben (Eric Bouwer) se lewens lelik deurmekaar.  

Leticia het twee mans verloor en Johannesburg toe getrek waar sy by die kerk aansluit en vir Sanet ontmoet. “Leticia is broos en soek nie aandag nie, maar wanneer sy dit kry, is sy oorweldigend,” vertel Vittone. “Sy wys haar emosies en huil wanneer sy wil. Leticia is ook sag en vriendelik, maar kan soms té vriendelik wees.”

Sy weet sy is mooi, al is sy in haar vyftigs en het sy ‘n paar plooitjies sê Vittone. “Sy weet ook sy het mooi borste en wys dit graag, maar sy doen dit smaakvol. Wanneer sy flankeer is dit nie oorweldigend nie. Al wat Leticia wil hê is liefde.”

Amore Vittone en Nadia Valvekens in Diepe Waters. Foto: kykNET

‘Ek moes dieper delf vir Leticia’

Vittone, wat voorheen die karakter van Zelda in 7de Laan vertolk het, sê sy het Leticia se karakter geniet omdat sy so anders as Zelda is. “Leticia is kwesbaar en ek het dit geniet om dieper te delf om by die karakter uit te kom.”

Sy het dit ook geniet om teenoor akteurs soos Valvekens en Bouwer te speel, na wie sy as “briljant” verwys. “Ek kry energie wanneer ek voor die kamera is en het die telenovela-formaat is lekker omdat alles nie in ‘n ateljee afspeel nie.”

Amore Vittone en Eric Bouwer in Diepe Waters. Foto: kykNET

Toekomsplanne

Vittone sê haar planne vir die toekoms is om nog werk as akteur te doen en nuwe musiek te produseer. “Maar my planne draai eerstens om my kinders en wat hulle wil doen. Jordan, 20, en Kylie, 18, is steeds my eerste prioriteit. Intussen hou ek my met my AV-juwelereeks besig en geniet elke oomblik.”  

*Diepe Waters word Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Dis ook op Catch Up en DStv Stream beskikbaar.

LEES NOU: ‘Villa Rosa’-ster maak amok in ‘Suidooster’

Read more on these topics

TV shows

For more news your way

Download our app and read this and other great stories on the move. Available for Android and iOS.

For more news your way

Download our app and read this and other great stories on the move. Available for Android and iOS.