Kyk hoe ’n dief ’n hek motor gaps

Die dief het sonder huiwer die jaard binnegekom en binne paar minute is hy weg met die hek motor.

Diefstal is ’n gegewe in die stad.

Skelms is geneig om items wat sigbaar is soos solar panele en ligte asook hek motors, gasbottels en water meters.

Een inwoner het op CCTV gesien hoe die skelm oor die hek klim, die hek van sy spoor afhaal en dan die motor steel.

Die voorval het omstreeks 22:45 op 16 Augustus in Libertas straat gebeur.

Inwoners glo dat die skelms vooruit beplanning doen en somtyds woonings dophou.

Sien die video hier:

 

Het jy al so iets beleef? Deel jou storie met ons.

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitterof Instagram

Exit mobile version