17 simptome waaroor mans hulle móét bekommer

Daar is sekere dinge wat mens nie ligtelik moet opneem nie, waarvan jou gesondheid een is.

Die uitdaging is om raak te sien wanneer jou liggaam homself kan help en wanneer die kwaal ernstig genoeg is om medici in te kry.

Hieronder volg ’n lys van tekens wat gewoonlik dui op iets buite die gewone. As enige daarvan nie vanself binne twee weke weggaan nie, gaan spreek jou dokter of internis, sê dr. Dominique Stott, die uitvoerende bestuurder vir Mediese Standaarde by PPS.

 

Wat as jy wag?

Die toestand raak net al erger, jou liggaam verswak en kry meer skade, en dit raak baie duurder om te genees. Dit kan jou mediese fonds uitput, en jou sélf bitter baie geld kos.
Voorkoming is doodeenvoudig goedkoper. Dit is baie goedkoper om op statiene te wees as om vir ’n hartomleiding te gaan of van ‘n hartaanval of beroerte te herstel.

 

Ernstige simptome van gevaarliker siektes

• Jou voete, enkels en hande is geswel
• Pofferige oë
• ’n Klopping, teerheid of swelling in ’n aar
• Enige knoppe of harde swellings veral in jou pelvis of oor jou middellyf of aan jou nek of keel
• Enige pyn oor jou hart as jy oefen of onder baie werkdruk is
• Onverklaarbare sweet en gloede
• Naarheid
• As jy vanself gewig verloor
• Urienprobleme en onwelriekende uriene
• Chroniese diarree en/of hardlywigheid. Enige verandering in jou maagroetine
• Erektiele disfunksie
• Stres wat jou vang en ly tot woede, roekeloosheid (soos om kanse op die pad te vat, te veel te drink) hoofpyn, slaaploosheid of verlies aan belangstelling in die dinge wat jy altyd geniet het)
• Skielike dors
• ’n Aanhoudende hoes
• Moegheid
• Hoofpyn
• Enige pyn

 

Lees ook: Verkoue? Dokter jouself soos ’n dokter dit sou doen

 

Die artikel 17 simptome waaroor mans hulle móét bekommer het eers in Rooi Rose verskyn.

Exit mobile version