Vermy só dat jou reisbagasie voete kry

Tref ekstra voorsorg as jy reis.

Desember en Januarie is die ideale tyd om te reis, maar ook ‘n seisoen vir bagasiediewe om fees te vier.

Die vakansieseisoen bring derduisende mense na lughawens, treinstasies, bushaltes en hawens en Virseker maan verbruikers om versigtig te wees en ekstra voorsorg te tref.

“Min dinge plaas meer van ‘n demper op jou vakansie as wanneer jy by jou bestemming aankom en uitvind dat jou sak of tas gestroop of gesteel en jou kosbare besittings verlore is,” sê Ricardo Coetzee, woordvoerder van Virseker.

 

“Daar’s selfs ‘n hoër risiko tydens die feesseisoen omdat baie mense met geskenke en groter bagasie-items reis. Vir misdadigers is dit die perfekte geleentheid: meer passassiers, meer tasse, groter kanse op vertragings en verlore bagasie en ‘n groter kans om vinnig ‘n skelm rand of tien te maak.”

Virseker bied die volgende wenke om jou bagasie minder van ‘n teiken te maak:

Voordat jy vertrek:

By die terminaal:

“Indien die noodlot jou wel tref en jou bagasie beskadig, verlore, gesteel of gestroop is, is dit wys om kalm te bly en vinnig op te tree. Gaan dadelik na die kliëntedienstoonbank en meld die probleem aan. Maak ook seker dat jy die nodige draagbare goedereversekering in plek het voordat jy vertrek,” sluit Coetzee af.

Deel jou nuuswenke met ons via

Telefoon: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Epos: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

Instagram,

Twitter

Witbank News App

Facebook page

Witbank News Breaking

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version