EntertainmentLifestyle

Klipfontein se lang verwagte fees spog

Daar is ’n behoefte aan nog badkamers vir die skool en die fondse van die projek sal dan ook daarvoor aangewend word

Die Adamanté-fees beloof om vanjaar ’n onvergeetlike een te wees.

Laerskool Klipfontein nooi almal van wyd en syd om saam te baljaar op 26 Oktober by die skool wanneer dié fees aangebied word.

Dit sal die eerste keer wees wat dit by dié skool aangebied word en die doel hiervan is om fondse in te samel om die skool se geriewe te verbeter.

Daar is ’n behoefte aan nog badkamers vir die skool en die fondse van die projek sal dan ook daarvoor aangewend word.

Kom kuier saam bekende gesigte soos Demi-Lee Moore, Adam, Armand Joubert, Symphony en Kerneels. Dit beloof om ’n heerlike dag van hope pret te wees.

Adamanté is Latyns vir ‘die transformasie van klip na diamant, deur ’n proses van druk en saamvang van koolstof om sodoende ’n kwaliteit diamant te vorm’ en dit is wat by Laerskool Klipfontein gebeur.

Op ’n jong ouderdom word die kwaliteit van hul leerders ontdek en omskep sodat hulle aan die einde van hul skoolloopbaan kosbaar die lewe kan ingaan.

Koop jou kaartjie nou by die skool of by Kielekrankie, by Hoërskool Generaal Hertzog en by die Hoër Tegniese Skool.

Kostes beloop R80 per volwassene en hoërskoolleerder, R30 per laerskoolleerder en pensionaris en kinders ses jaar en jonger het gratis toegang.

Personeel van Laerskool Klipfontein poog om dié fees ’n tradisie te maak en om die leuse: ‘volhard en oorwin’ altyd ten doel te stel vir al hul take.

Back to top button