Jou ou handsak kan iemand se lewe verander

Susan Coetzer is die gasspreker vir die dag en die bekende Rinel Day gaan sorg vir musiek

Jou ou handsak, gevul met sanitêre produkte of toiletware kan iemand se lewe drasties verander.

Corlea Botha het Bittersoet – die genadesak-projek van stapel gestuur ter ondersteuning van vrouens wat mishandel word.

Jy kry nou die kans om ’n verskil te maak en jou ou handsak by die projek te voeg as jy op 29 Junie die damestee saam met Solidariteit Helpende Hand wil geniet.

Susan Coetzer is die gasspreker vir die dag en die bekende Rinel Day gaan sorg vir musiek.

Die damestee begin om 11:00 by Nashville in Tungstenstraat.

Toegang beloop R150 per persoon of R1 500 per tafel.

Die gasvrouens by elke tafel is verantwoordelik vir haar tafel se eetgoed.

Koffie en tee sal bedien word.

Uitstallers is welkom om Solidariteit Helpende Hand te kontak om hul handewerk uit te stal.

Kom ondersteun hierdie damestee.

Dit beloof om ʼn heerlike terugsit en ontspan oggend te wees.

Kom wees ʼn gasvrou en bederf jou vriendinne, of koop net ʼn kaartjie en bederf jouself.

Skakel Sonja Bester as jy wil uitstal of ʼn kaartjie of tafel wil boek: 072 176 6264.

Exit mobile version