EntertainmentLifestyle

Aan die brand boeredans om vure te blus

Die dans word aangebied deur die Poort Ontspanningsklub by die klub (langs die Zaaihoek-pad)

Jeuk jou voete om ’n paar lekker draaie by ’n regte-egte boeredans te maak?

’n Grasvlakte-skuurdans word Saterdag, 29 Junie aangebied en ʼn ieder en elk word uitgenooi om te kom kaalvoet-tango tot die son opkom.

Die dans word aangebied deur die Poort Ontspanningsklub by die klub (langs die Zaaihoek-pad).

Deure maak al 16:00 oop. Gerhard Supra sal die musiek verskaf en die dansvloer besig hou tot laat.

Kaartjies is beskikbaar teen R100 per persoon (16 jaar en ouer). Gratis toegang vir kinders.

Daar sal ook worsbroodjies, hamburgers en kerrie-en-rys te koop wees vir al die honger magies (asook koeldrank, natuurlik).

Jy is meer as welkom om jou eie drankies (insluitende alkoholiese drankies) saam te bring.

Al die fondse wat ingesamel word, sal help om die boere deur die winter te kry – met goed soos brandvoorkoming en brandbestryding.

Kom sakkie-sakkie of sokkie vir ’n goeie doel en bring sommer die hele familie ook saam.

Verdere navrae met betrekking tot die geleentheid of kaartjieverkope kan gerig word aan Jumbo van der Merwe: 082 899 8909.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button