EntertainmentLifestyle

Swartgoud Fees bied pret vir jonk en oud

Dis reg, die Swartgoud Fees keer hierdie jaar terug na sy ou tuiste op Hoërskool Kriel se gronde

ʼn Verandering is so goed soos ʼn vakansie.

Dis presies wat die organiseerders van die Swartgoud Fees op Vrydag, 7 en Saterdag, 8 Junie doen.

Tydens hierdie jaar se fees kan feesgangers uitsien na soveel meer wanneer die Swartgoud Fees vir die 26ste keer aangebied word by hulle nuwe tuiste.

Dis reg, die Swartgoud Fees keer hierdie jaar terug na sy ou tuiste op Hoërskool Kriel se gronde.

Hierdie jaar kan feesgangers onder andere uitsien na uitstallers van vetplante, ammunisie- juwele, ‘vapes’, nuwe motors, verskeie handgemaakte artikels, rokke vir ma, motor kamera stelsels en groot uitstallings deur Mass Hire asook Midas van Witbank vir pa, skaalmodel-motors vir boetie, model-kompetisie vir sus en ook ’n baba-kompetisie vir daai ekstra ‘cute’nis.

Daar sal ʼn volgrootte pretpark, biertuin met versamelaarsbierbekers en trompoppies wees wat verder sal sorg vir vermaak vir oud en jonk.

Dit alles terwyl die publiek bederf gaan word met vertonings deur Snotkop wat onder andere insluit die dansers van die DHDC Dansskool in Kriel, Jay en die flambojante Demi-Lee Moore.

Toegang is R50 per volwassene, R30 vir laerskoolleerlinge en pensionarisse en gratis vir voorskoolse kinders.

Die toegangsfooi by die hek sluit daagliks al hierdie vertonings in.

Die Swartgoud Fees se wiele-skou is hierdie jaar vir almal met unieke en interessante motors, motorfietse en ombouings van als wat verwant hou hiermee.

Die Suicide Squad gaan weer sorg dat die reuk van brandende bande in die lug gaan hang en die Rotary Club is maar net een van die motorklubs wat by Swartgoud betrokke gaan wees.

Die organiseerders nooi almal uit om hierdie unieke en volgepakte naweek saam met hulle te kom meemaak.

Enkele uitstalruimtes is ook nog beskikbaar en navrae kan gerig word aan Jacques: 082 966 9408 of e-pos na Swartgoud@vodamail.co.za.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button