Alle grappies op ’n stokkie

Elke boek bevat 101grappe waarmee lesers hul maats kan laat lê van die lag

Lawwe grappe vir enige onderwerp onder die son! Kom lag jou slap vir die lawwe grappies in hierdie fantastiese reeks grapboeke vir kinders.

Jaco Jacobs is terug met nog vier grapboeke.

Elke boek bevat 101grappe waarmee lesers hul maats kan laat lê van die lag.

Jaco Jacobs is die skrywer van meer as 140 boeke vir tieners, kinders en kleuters. Hy weet hoe om kinders te vermaak.

Wat eet vegetariese vampiere?

Nek-tariens en bloedlemoene., Waarom wou die sywurm nie vir haar seuntjie ’n grappieboek koop nie? Sy was bang hy lag hom ’n papie.

Wat sê Kersvader as die Elfies hom kielie?

“Ho, ho, ho nou op!”

Hoekom wou die hond nie tennis speel nie?

Hy is ’n bokser.

WITBANK NUUS gee vier van Jaco se boeke vir een van ons gelukkige lesers weg.

Vertel vir ons een van jou grappies in die kommentaar boksie hieronder.

Dié kompetisie sluit Donderdag 18 April om 10:00.

#Lapa

#LapaUitgewers

#Grappe

#Jaco Jacobs

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version