EntertainmentLifestyle

Heerlike tee en koek ten bate van Kansa, Lauren en Ons Spreekkamer

Die fondse wat ingesamel word gaan vir Solidariteit Helpende Hand se inisiatief - Ons Spreekkamer, Cansa en Lauren de Swart.

Bonnie Jean Masson gaan gaste bederf by die oggendtee wat die komende naweek aangebied word.

Bonnie se langverwagte debuutalbum ‘My reward’ word eersdaags bekendgestel en sy gaan gaste bekoor met haar stem bekoor tydens die oggendtee.

Die tema vir die funksie Saterdag 9 September is ‘English high tea’ en dames dit is die perfekte geleentheid om die hoed uit die kas te haal en op te sit.

Die funksie begin om 10:00 en word by Nashville in Tungstenstraat aangebied.

Andries de Preez van Kansa is die gasspreker.


Bonnie Jean Masson. (Foto: Mandy Klopper)

Die fondse wat ingesamel word gaan vir Solidariteit Helpende Hand se inisiatief – Ons Spreekkamer, Kansa en Lauren de Swart.

Lauren is ’n paramedikus by ER24 Emergency Medical Services.

Tydens ‘n ongeluk in ‘n ambulans is sy gediagnoseer met ‘Pulmonary Langerhans Histiocytosis’, dit is maar die 10de geval wêreldwyd.

Haar medies dek nie die chemoterapie behandeling nie en sy moet ‘n dubbele longoorplanting kry.

Kaartjies is R150 elk en is beskikbaar by: Sonja Haasbroek: 081 805 3174, Sonja Engelbrecht: 082 846 6802 en Annemarie Hugo-van Heerden: 082 829 2546.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button