EntertainmentLifestyle

Radio Raps optrede uitgestel

Dingetjies en goetertjies hou Jonathan in die hospitaal.

Dingetjies en goetertjies hou Jonathan in die hospitaal.

Die akteur en komediant Rikus de Beer, wat bekendheid verwerf het as Jonathan van Radio Raps, was vir langer as drie weke in die intensiewe sorgeenheid in ‘n hospitaal te Pretoria gewees.

Hy was op 27 Mei op geneem na afloop van sy optrede by Silverstar Casino in Krugersdorp. Rikus het hierdie optrede met ‘n drip aan sy arm gedoen.

Rikus het Maandag, 29 Mei ‘n operasie in die buik ondergaan en ‘n tweede operasie was vir die volgende dag geskeduleer, maar sy dokter het die operasie uitgestel weens onbestendige gesondheidsmerkers. Rikus was Maandagmiddag oorgeplaas na die hoësorgeenheid en teen Dinsdag, 31 Mei na die intensiewe sorgeenheid.

Rikus het ‘n virus op gedoen en dit het hartversaking tot gevolg gehad, wat verder die organe laat verswak het en gelei het tot lewer- en nierversaking.

‘n Operasie om die galblaas te verwyder was geskeduleer vir Maandag, 5 Junie, maar was vir ‘n tweede keer uitgestel, omdat daar infeksie in die galblaas was wat verder versprei het. Hierdie operasie was toe gedoen op Donderdag, 8 Junie.

Sedertdien het Rikus ‘n hoë infeksietelling en sy liggaam hou vog terug. Hy was op Maandag, 19 Junie terug na die hoësorgeenheid geskuif waar hy tans in isolasie mediese behandeling ontvang om die infeksie te genees en verdere infeksies te voorkom.

Die span mediese dokters is tevrede en sê sy toestand is kritiek, maar bestendig. Hulle is positief dat Rikus nou spoedig sal herstel.

Dit is tans moeilik om te bepaal hoe lank Rikus nog gehospitaliseer gaan word en is ons genoodsaak om die volgende drie optredes uit te stel.

“Ons is reeds in gesprekke met die kliënte vir nuwe datums en sal so spoedig moontlik die nuwe optrede datums bekend maak. Die optredes wat geskuif word, is The Ridge in eMalahleni wat 30 Junie sou wees, Goldfields Casino in Welkom wat 1 Julie sou wees en Thabazimbi wat 15 Julie wou wees,” het Rikus se bestuurspan gesê.

Verdere optredes soos reeds bevestig en bekend gemaak was, bly onveranderd en word nie geskuif of gekanselleer nie.
Die bestuurspan vra verskoning vir die ongerief rakende optredes wat geskuif is.

“Rikus se gesondheid is prioriteit en ons wil graag sien dat hy eersdaags weer op die been sal wees. Hy voel jammer dat hy weens sy gesondheid optredes nie kon doen nie, maar sien baie uit daarna om binnekort terug te wees op die verhoog.”

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button