EntertainmentLifestyle

Dankbaar vir warm sokkies

Die Goue Hartsvriendinne het ongeveer ’n jaar lank gebrei om 132 pare bedsokkies te maak.

Die Goue Hartsvriendinne het ongeveer ’n jaar lank gebrei om 132 pare bedsokkies te maak.

Dié groepie vriendinne kom reeds vir vyf jaar lank, elke week bymekaar en pak dan gemeenskapsprojekte aan. Op Woensdag, 7 Junie het hulle bedsokkies aan die Hoëveld Vereniging vir Liggaamlike Gestremdes oorhandig, en Grietjie Naudè, bestuurder, het getuig van dankbaarheid:


Die Hoëveld Vereniging vir Ligaamlike Gestremdes het onlangs bedsokkies van die Goue Hartsvriendinne ontvang. Hier is (van links, agter): Alta van der Westhuizen, Wilma van Zyl, Mary Human, Elize Oosthuizen, Ria Jacobs, Karen Oberholzer en Grietjie Naudè en (voor): Gerty Grobler en Danie Maree.

“Ons wil baie dankie sê dat ons gekies was as die begunstigdes van al hierdie dames se harde werk, moeite en opofferings. Ons kan vir elke inwoner ’n paar warm bedsokkies gee en dit wat oorbly, gaan ons dan verkoop vir verdere fondsinsamelings vir ons eie projekte.”

Wilma van Zyl het ook gesê dat die Hoëveld Vereniging vir Liggaamlike Gestremdes hul baie na aan die hart lê en het om hierdie rede besluit om hierdie skenking te maak.

“Ons het dit goed gedink om seker te maak hul voete bly warm hierdie winter,” het Wilma afgesluit.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button