EntertainmentLifestyle

Artisticulta Kunstefees is vir almal

Die Artisticulta Kunstefees bestaan al 12 jaar en is op die been gebring deur bekende name in die kunstebedryf, soos At Strydom (drama), Wanya Downing (dans) en Denise van Dyk (musiek).

Die Artisticulta Kunstefees bestaan al 12 jaar en is op die been gebring deur bekende name in die kunstebedryf, soos At Strydom (drama), Wanya Downing (dans) en Denise van Dyk (musiek).

Dit is ‘n motiverende kunstefees wat vir almal bedoel is,jonk en oud, met ’n platform vir ’n wye verskiedenheid kunsvorms

Volgens van Dyk het die fees so populêr geword as gevolg van die hoeveelheid inskrywings en navrae oor die land dat hulle besluit het om die kunstefees uit te brei na al die provinsies oor die land.

Die kunstefees maak dié jaar ’n draai in eMalahleni om talentvolle kunstenaars te ontdek.
Al die kunsvorms in verband met die kunsfees word aangebied.

In die musiekafdeling is daar musiek met orkes-instrumente en klavier-instrumente, klassiek en ligte musiek, klassieke sang en ligte sang met agtergrondmusiek.

In die drama-afdeling is daar 18 verskillende kategorieë om in op te tree en gee hul elke kind ‘n geleentheid in sy spesialiteit en persoonlikheid.

Alle dans style van beginner tot kampioenskap-vlak is welkom om meet e ding.
Die kunstefees sal op 26 en 27 Mei by Hoërskool Generaal Hertzog plaasvind en die sluitingsdatum vir inskrywings is op 12 Mei.

“Ons het nou al soveel uitgebrei. Daar was 4 000 besoekers in 2016,” het Van Dyk, gesê.

Ongeveer 500 deelnemers gaan betrokke wees by eMalahleni se Artisticulta Kunstefees die jaar en word daar ook ten doel gestel om deelnemers te motiveer.

Vir dié rede word daar nie sertifikate, medaljes en trofeë uitgedeel nie, maar motiveringspryse afkomstig van borge. Daar word ook groot geldpryse toegeken aan algehele wenners.

“Daar is tans ‘n behoefte aan ‘n nasionale platvorm waar mense regoor Suid-Afrika meeding. Die nasionale kunstefees word gehou by die Wild Coast Casino in KZN – “Rising to Fame”. Dis waar al die deelnemers wat 80% en hoër ontvang het by die provinsiale kunstefeeste, weer meeding by die nasionale kunstefees om die algehele wenners te bepaal,” het Strydom gemeen.

Artisticulta Kunstefees en Rising to Fame maak staat op borgskappe in die vorm van geskenkbewyse of geldpryse. Graag rig ons ‘n uitnodiging aan die publiek om ons te ondersteun.

Verdere inligting kan op die webtuiste, www.artisticulta.co.za of sosiale media verkry word of skakel gerus vir Denise van Dyk: 073 511 5415 maritzdj@worldonline.co.za (musiek en sang organiseerder), Wanya Downing: 072 129 2027 wanya@performingart.co.za (dans organiseerder) of At Strydom: 082 450 5887 atterjas@iafrica.com (drama organiseerder).

Back to top button