EntertainmentLifestyle

Karen Zoid mal oor ons eie Armand!

Karen Zoid het gisteraand gesê “Jy is die mooiste ding wat van Witbank af kom”

Karen Zoid het gisteraand gesê

“Jy is die mooiste ding wat van Witbank af kom”

Sy het verwys na Armand Joubert wat al vier die beoordelaars van The Voice SA laat omdraai het.

Armand, ’n boorling van eMalahleni, wat nou in Centurion bly het die beoordelaars oorrompel met sy weergawe van Ariane Grande se liedjie ‘Into you’.

Armand, ’n oud-leerling van Hoërskool Generaal Hertzog se eerste tree het begin in 2011 toe hy as wenner van die Brazen Head Idols aangewys was.

Hy het almal in 2012 gaande gehad met sy voorskou optrede vir 4Werke wat hier in eMalahleni plaasgevind het.
Vandaar af was dit net een sprong na die ander vir hierdie jong man met die pragtige stem.

Volg Armand se reis deur The Voice SA deur elke Sondagaand op MNet in te skakel.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button