Wen met CUM Boeke

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is Maandag 17 Oktober om 12:00.

Die Christelike Uitgewersmaatskappy verras WITBANK NUUS lesers vandeesweek met drie pragtige boeke.
Eerste uit die wegspringblokke is Angus Buchan se boek ‘Vrede in Sy teen¬woor¬digheid‘.

“Ek wens ek het meer tyd gehad om net rustig te word by God.” Daar is waarskynlik bitter min gelowiges wat dit nié al gedink het nie. In die 366 grootdruk-dagstukke in ‘Vrede in Sy teen¬woor-digheid’ plaas Angus Buchan sterk fokus op die feit dat tyd saam met God een van die belang¬rikste ver¬antwoor¬delikhede is wat elke ge¬lowige het. Dit bepaal die diepte van jou verhouding met God.

Angus Buchan het die roeping ervaar om die evangelie te verkondig, en in 1980 stig hy Shalom Ministries in Suid-Afrika. Hy skryf, neem TV-boodskappe op en reis om die woord van God aan mense wêreldwyd te bring. Hy is ’n voltydse evangelis en ’n gewilde spreker. Angus en sy vrou, Jill, bly op die plaas Shalom in die KwaZulu-Natalse Middelland.

Die boek is ook in Engels beskikbaar onder die titel ‘Peace in His presence’.
Lindie Strydom bederf ons met 101 inspirasie-gevulde boodskappe vir ’n saak-maak-lewe.
Soms is dit so moeilik om daardie eerste tree te gee met ’n nuwe uitdaging. En soms is dit nodig om af te skaal en te fokus op die kragtige eenvoud van Jesus en die besef dat Hy genoeg is.

Lindie deel in 101 inspirasie-oomblikke met lesers die wysheid en inspirasie wat sy in die alledaagse lewe leer. Die klein lesse wat jy leer deur na mense te kyk, in ’n ry te wag, die leë ure in ’n vliegtuig of op die pad om te dink, ’n gesprek met ’n vreemdeling en om van jou tyd te gee. Sy bind hierdie kragtige gedagtes met Skrifverwysings en spoor lesers aan om die lewe te vier en Jesus ’n prioriteit te maak.

Die 101 dagstukke begin elk met ’n kerngedagte om lesers te inspireer en te wys hoe belangrik daardie eerste tree in ’n nuwe rigting is. Saam met die boek het Lindie ook 31 inspirerende boodskappe opgeneem wat gratis afge¬laai kan word by cumuitgewers.co.za.

Ons het nie van ons jonger lesers vergeet nie.

In #KiesDieLewe deel Johan Smith 101 lewens¬lesse wat jongmense sal help om ’n fantastiese lewe te leef. Die lewenslesse – geneem uit die lewens van Ben Carson, Katie Davis, Christine Caine, Craig Groeschel, Bob Goff, Henry Cloud, Boeta Dippenaar, Natalie du Toit, Penny Heyns, Gary Kirsten, Shaun Pollock, moeder Teresa en Bill Hybels – sal jongmense herinner dat wanneer jy jou hoop in Christus stel, jy oorwinning sál beleef. Lewenslesse sluit onder andere in: maak die regte keuses, gebruik jou tyd wys, leef vir die hier en nou en kies jou woorde versigtig.
#KiesDieLewe sal jongmense die moed en krag gee om God se plan en doel vir hulle lewe uit te leef.

Om ’n kans te staan om een van twee bederf-pakkies met hierdie boeke in te wen, epos net jou naam en kontaknommer na zita@witbanknews.co.za. Gebruik die woord Cum-kompetisie in die onderwerplyn.

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is Maandag17 Oktober om 12:00.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version