Wen met CUM boeke!

Die kompetisie sluit op Vrydag 30 September om 09:00.

Inspirerende boodskappe is al wat some nodig is om die kluise ons harte oop te sluit.
Christian Art Distributors het vir WITBANK NUUS lesers vandeesweek ’n heerlike bederf.

Die eerste waarna ons kyk is ‘By waters van rus’.
Johan Smit bied jou hierdie geleentheid met sy dagboek ‘By waters van rus’ om elke dag voedsel vir jou siel te kry..Die 366 diepsinnige oordenkings in grootdruk sal soos ’n lafenis vir die siel wees wan¬neer jy stil word by God. Die temas in hierdie dagboek sluit onder andere in: Die lewe is ’n fees!; Die mense agter die skerms; Psalms; Uitda-gings en Die wins van verlies. Die handige teks¬register agter in die dagboek is ook ideaal om teks¬gedeeltes op te soek.

Met By waters van rus kan jy elke dag by die Vader se voete kom sit en opnuut God se vernu¬wen¬de krag in jou lewe ervaar.

Tweede op ons lysie vandag is 366 oordenkings vir ’n lewe in God se genade.
Begin ’n Christus-gedrewe jaar! Dít is waartoe Stephan Joubert jou aanspoor in die 366 dagstukke van ‘Op God se genadepad’.

Dié kort en kragtige dagstukke sal jou bemoedig met praktiese raad, Christus-gedrewe voornemens, oomblik¬ke vol genade en emmers vol hoop vir elke nuwe dag. Dit sal jou daaraan herinner dat God nie net in elke situasie is nie, Hy is ook in jóú; daarom moet jy so leef dat ander Hom ook in jou lewe kan sien. Hy is die Lig in jou lewe en jy is sy lig in ander se lewens.

Hierdie dagstukke – wat ook in die dagblad Beeld ver¬skyn het – sal jou laat stilstaan om God se teen¬woordig¬heid te geniet in ’n wêreld wat Hom soms vergeet te midde van die dolle gejaag.

Nog ’n boek van Stephan is ‘Die dag toe Jesus ja gesê het’.
In die Tuin van Getsemane het Jesus die ondenkbare gedoen: Hy het ja gesê om aan ’n kruis te sterf om jóú te red. En Hy het dit nie blindelings gedoen nie – Hy het geweet waarvoor Hy Hom inlaat …
In ‘Die dag toe Jesus ja gesê het’ stel Stephan jou voor aan die apostel Markus en sy vertel¬ling van die gebeure rondom Jesus se dood en opstanding. Met Markus as jou toergids sal jy toenemend nader¬ aan Jesus voel wanneer jy die las van die kruis op jou eie skouers begin voel.

Jesus het ja gesê om vir ons sondes te sterf. Daar¬om is dit vandag ons beurt om ook vir Hom ja te sê. Ons doen dit deur Hom te volg en die Goeie Nuus te ver¬kondig waar ons ook al gaan.
In Getsemane het Jesus ja gesê vir ’n pad van ly¬ding wat aan die kruis geëindig het. Maar omdat Hy op die derde dag opgestaan het uit die dood, het gelowi¬ges saam met Hom opgestaan in ’n splinternuwe lewe en ewige oorwinning oor die dood.

Kom tuis by God – skop uit jou skoene en deel jou menswees met Hom.
Soms druk die lewe … soos ’n paar ongemaklike skoe¬ne aan die einde van ’n lang dag. Dis dán wanneer jy kan tuiskom by God; wanneer jy jou hart se skoene kan uitskop en jou gestroopte menswees met Hom kan deel. En dis in daardie veilige ruimte by Hom waar jy sal ervaar hoe Hy die donker in jou verdryf en aan jou nuwe hoop gee.
Hoop wat kaalvoet loop se 101 dagstukkies het ’n pragtige uitleg en is propvol hoop en inspirasie. Milanie Vosloo wys jou hoe jy, ten spyte van baie dinge, kan bly dans oor die lewe en bly hoop. Hoe jy – ondanks alles – kan blý vertrou omdat jy ’n Vader het wat jou stewig vashou. Wat jou met arms vol genade¬seën wil toevou.

Die oordenkings in hierdie dagboek is geneem uit Milanie se topverkoper-boeke Sielskos vir die vrou wat lééf! en Laat Sy liefde jou lei. Die dagboek word ook afgerond met teksverse vir spesifieke behoeftes en plek vir notas agterin.

Help jou kinders om gelukkig en suksesvol te wees deur hulle van kleins af morele waardes uit God se Woord te leer.
Die groot Bybel vir klein hartjies bevat 60 Bybel¬stories (34 uit die Ou Testament en 26 uit die Nuwe Testament) met skattige illustrasies wat die waar¬des wat die Bybel leer vir kinders ’n werklikheid sal maak. Elke storie het ’n definisie van die karaktereienskap wat die storie bespreek.

Die groot Bybel vir klein hartjies sal vir kinders wys dat dit wat in die Bybel staan regtig elke dag deel van hulle lewe kan en moet wees.

‘In ’n Jaar met Jesus’ maak Jan de Wet Jesus se teenwoordigheid vir jongmense werklik. Hy stap saam met hulle deur die Bybel, van Genesis tot Openbaring en stel hulle voor aan gewone mans en vroue met drome, oorwinnings en mislukkings. Hy gebruik Bybelkarakters soos Dawid, Petrus, Matteus en vele ander om prakties te wys hoe Jesus deur sy kinders werk. Maar die belangrikste is dat hy wys watter belangrike rol Jesus in dié karakters se lewens gespeel het.

’n Jaar met Jesus wys vir jongmense dat Jesus ons beste Voorbeeld is, want Hy is self die weg, die waarheid en die lewe.

Voorheen uitgegee onder die titel Wandel met Jesus.

WITBANK NUUS gee die week hierdie boeke weg en nooi lesers om ’n epos te stuur na zita@witbanknews.co.za om ’n kans te staan om hierdie pryse te wen. Onthou om jou naam en kontaknommer by te sit.

Die kompetisie sluit op Vrydag 30 September om 09:00.
Die wenner sal deur ’n ewekansige trekkingsproses gekies word.
Die wenners sal binne twee werksdae na die trekkingsproses telefonies gekontak word op die nommer wat op die epos aangebring is.
Pryse mag nie omgeruil of vir kontant geruil word nie en is nie oordraagbaar nie.
Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version