Rowers vier voor einde van die maand

“Ek was besig om hierdie rowers te help, hulle het voorgekom as gewone kliënte. Ek het die goed wat hulle wou ‘koop’ vir hulle opgelei, en hulle het natuurlik al die duurder drank gekies."

Mnr. Henning du Toit het vertel hoe hy homself boeglam geskrik het vir rowers wat blitsvinnig vat wat hulle wil hê, terwyl hy en ander vasgemaak was met kabelbande. Op Woensdag, 22 Junie omstreeks 15:00 was Henning in ’n bekende drankwinkel waar hy werk, agter die toonbank. “Ek was besig om hierdie rowers te help, hulle het voorgekom as gewone kliënte. Ek het die goed wat hulle wou ‘koop’ vir hulle opgelei, en hulle het natuurlik al die duurder drank gekies. Ek het dit soos gewoonlik deur die rekenaar gesit en die een rower het vir my ’n kaart gegee, waarmee hy sou betaal. Ek het die kaart deur die masjien gesit en dit het nie deurgegaan nie. Daar was onmiddellik ’n ander man langs my gewees, wat gesê het dat hulle ons nie gaan seermaak, solank ons doen wat hulle sê nie. Hulle het ons vasgemaak met kabelbande en het die goed gevat waarvoor hul oorspronklik sou betaal. Daar was drie mans, twee by my en ’n ander een in die winkel. Daar was ook nog ’n werker saam met my en twee kliënte,” het Henning vertel.
Hy het ook bygelas dat die rowers gewapen was en dat hulle die kasregister leeggemaak het saam die drank wat hulle gevat het. Hy het gesê dat die rowers ook die sekuriteitskamera se ogie gebreek het, op hulle pad uit.
“Die polisie het na die voorval vir my gesê dat hulle alles uit die winkel kan vat, maar op die einde is dit ons lewens wat die belangrikste is. Ons is net dankbaar niemand is in die voorval beseer nie en dat die polisie binne 15 min op die toneel was. Dit het verskriklik vinnig gebeur, dit was seker in ’n kwessie van drie minute,” het Henning verder gesê.
Hy het ook genoem dat die ooggetuies na bewering ’n BMW gesien het, waarmee die verdagtes gevlug het. Die saak word ondersoek deur Witbank Polisie.
Sien die video van die gebeure op www.witbanknews.co.za.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version