EntertainmentLifestyle

Stem vir ons ‘Magic Mike’

Die laatmiddag program op Jakaranda FM, Martin Bester Drive is die aanbieder van die ‘Magic Mike’ kompetisie.

Hulle is op soek na die land se ‘mees algemeenste’ man om verander te word in ons eie ‘Magic Mike’. Die kompetisie is na aanleiding van die rolprent, ‘Magic Mike XXL’, wat 1 Julie 2015 in die VSA bekend gestel word. Bekende akteurs soos Channing Tatum en Joe Manganiello is in die rolprent te sien. Dit is die opvolg van die eerste ‘Magic Mike’ rolprent.

Witbank se Charl ‘Levitate’ Odendaal is een van die 10 finaliste vir die kompetisie. Hy is ingeskryf deur sy vrou, Karin Odendaal, met wie hy al sewe jaar getroud is.
Charl se “fantasie” het vlam gevat lank voor hy en Karin mekaar ontmoet het, toe hy en ‘n vriend een aand in ‘n Bloemfonteinse kuierplek vir almal daar gewys het hoe dit gedoen word. Tot vandag toe spog hy met die gebeurtenis en Karin wil hom graag help om die groot prys los te slaan.

Charl (links) wys wat hy op die dansbaan kan doen.
Charl (links) wys wat hy op die dansbaan kan doen.

Levitate van Hadouken is die liedjie waarop Charl vir almal gaan wys wat hy kan doen met sy gunsteling liedjie.
Die wenner loop weg met danspassies te danke aan ‘n choreograaf, en ‘n splinternuwe persoon gaan aan die publiek bekendgestel word as ons eie ‘Magic Mike’. Hulle kan net wen deur die meeste stemme te verwerf. As julle dink Charl het wat dit vat om die wenner te wees en met hierdie titel weg te stap, gaan stem vir Witbank se eie ‘Magic Mike’ hier.

Back to top button