EntertainmentLifestyle

Dis weer tyd vir die Bok en Biltong aand

Hierdie is weer daardie tyd van die jaar wanneer Manne van die Woord fondsinsameling doen vir die weeskinders en ander behoeftiges in eMalahleni.

Die aand waartydens Jannie de Beer, Carel du Plessis en Arno Botha getuienis gaan lewer word op 25 Februarie om 18:30 vir 19:00 by The Venue gehou. The Venue kan 800 mans akkommodeer.

Tafels is te koop teen R2 000 per tafel en elke persoon ontvang biltong, droëwors, lekker boerbrood en konfyt met ’n water en vrugtesap daarby.
The Ridge sal ook ’n kontantkroeg fasiliteit beskikbaar stel. Let asseblief daarop dat geen eie verversings in hierdie lokaal toegelaat word nie.
Vir tafelbesprekings skakel Piet Cromhout: 082 756 5865 of Herman Cronje: 082 547 6689.

Speel gou aangesien verlede baie gewild was en tafels vinnig uitverkoop.

Back to top button