EntertainmentLifestyle

Suid-Afrika se geliefde verkleurmannetjie hiér

Met 'Drie Vriende' kry gehore ’n besondere kykie na die wye verskeidenheid gedaantes van Chris Chameleon, Suid-Afrika se geliefde verkleurmannetjie.

Met ‘n eiesoortige styl, bekoorlike verhoogpersoonlikheid en ‘n reputasie om gehore met sy vier-oktaafstem en stemtoertjies te betower, het sy uitsonderlike talent hom uitstekende resensies en vele toekennings besorg oor die afgelope agt jaar. Toekennings sluit twee Suid-Afrikaanse Musiektoekennings (SAMAs) en ‘n Erepenning van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns in.

Chris Chameleon doen sy vertoning, ‘Drie Vriende’ op Dinsdagaand 2 September by die opening van die Lente Koop en Kuierfees wat by die NG Kerk, Witbank-Suid gehou word.

Die Lente Koop en Kuierfees duur van Dinsdag 2 September tot Saterdag 6 September.
Alle opbrengs van sy vertoning gaan na die Christelike Maatskaplike Raad se huise van veiligheid vir kinders in eMalahleni.
Kaartjies kos R150 vir piekniek-sitplekke voor teen die verhoog en dan is daar gewone sitplek-kaartjies teen R100 elk.

Alle kos, verversings en drinkgoed sal voor die tyd beskikbaar wees, mense is welkom om hulle piekniekmandjies by die fees te kom volmaak voor die vertoning begin.

Buiten sy eie, buitengewone aanbieding van musiek en fassinerende verhale, verskyn die vlamwarm jong digter Daniella Deysel saam met Chris Chameleon om sy 2014 album bekendstelling ‘Posduif’, ‘n versameling van sy toonsettings van Deysel se aangrypende werk, te vertolk. Die derde been van ‘Drie Vriende’ is die partytjie opskop doef-doef skollie Sarel Fourie wat ook sy verskyning maak om gehore by ‘Drie Vriende’ te trakteer in ‘n produksie wat ’n wye verskeidenheid van humor, erns, sielsmusiek en loslittige vermaak waarborg!

Kaartjies is beskikbaar by die Duckpond of skakel Claudia: 082 555 5857 of e-pos claudia@theduckpond.co.za.

Back to top button