EntertainmentLifestyle

Theuns en Pieter hier in Augustus

Theuns Jordaan is sonder twyfel een van die grootste stemme wat Afrikaans nog opgelewer het.

Hy is nie net ‘n sanger van formaat is nie, maar ook ‘n baie talentvolle liedjieskrywer.

Theuns se eerste album, ‘Vreemde Stad’, is in 2000 vrygestel en is die suksesvolste debuutalbum ooit in Afrikaans met verkope van meer as 200 000. Sy tweede album, Tjailatyd, het ook meer as 200 000 verkope behaal en sy derde album, ‘Seisoen’, se verkope is reeds verby 100 000. Sy Grootste Treffers-album was een van 2007 se suksesverhale met verkope van meer as 90 000.

‘Koue Vuur’, die album waarop Theuns die musiek van Koos du Plessis sing, was eweneens `n treffer by aanhangers met weereens verkope van meer as 100 000. Sy vyfde album, ‘Roeper’, is die grootste verkoper van 2012 met verkope van ook oor die 130 000.

As sanger het Theuns oor die jare bekend geword vir die gemak waarmee hy gehore vermaak. Van sagte ballades en liefdesliedjies tot op-en-wakker deuntjies wat mense op hulle stoele laat dans. Een ding is seker  – Theuns weet net hoe!

Om die aand meer in te kleur gaan Pieter Naudé ook sy buiging op die verhoog maak.

In 2004 het Pieter besluit om weer self op die verhoog te klim en te sing. Select Musiek was daar om Pieter se eerste CD, ‘Mooiste Meisie’, bekend te stel. Hierdie CD was baie goed ontvang deur Suid-Afrikaanse, sowel as Namibiese gehore en het vir meer as vyf weke op die DKNT Top 10 gepronk. Hy is vereer met Nuweling en Liedjie van die Jaar op SA Country Top 10.

Pieter se tweede album is uitgereik deur Juanita Records en Maroela Musiek en was bestempel as een van die opwindendste albums van 2008.

Die twee baie talentvolle sangers tree Saterdag 23 Augustus by die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) saal in OR Tambostraat op. Die vertoning begin om 18:30.

Kaartjies kos R120 en R150 onderskeidelik. Verversings sal te koop wees.

Skakel Marlene Pentz: 072 965 5797.

Back to top button