EntertainmentLifestyle

Skilderye, ontwerpe met blomme

Wat jou op Vrydag 13 en Saterdag 14 Junie by die saal van die Methodiste Kerk ingewag het, was ’n fees vir die oog.

Op tafels, teen die mure en in die middel van die saal, asook op die verhoog se voorkant was daar skilderye en “ontwerpe met blomme”. Die ontwerpe was gemaak met blomme, boomstompe of ’n fietsie met blomme in sy mandjie. Dit het die skilderye op ’n treffende wyse gekomplimenteer. CK27brs

Diegene wat geskilder het en diegene wat met die ontwerpe
gewerk het, was elkeen ’n kunstenaar in eie reg. En beste van
alles – almal is plaaslike mense.

Veertien skilders het uitgestal en nege lede van Witbank Floral
Art Club het vir die ontwerpe gesorg. Die eindresultaat was ’n treffende eenheid.

Die bekende Heleen Hertzog het ’n tiental werke uitgestal,
terwyl Bernard Webster, ’n leerling van Hoërskool Generaal Hertzog, net een portretstudie geskou het.

’n Meisie wat verlede jaar matriek geskryf het en onder die
naam Dantie skilder, se skildery van ’n perd het gou verkoop.
Dit is ’n kunstige werk in fyn besonderheid.

Toegang was R60 en dit het ingesluit ’n koppie tee en koek wat jy buite op die stoep en in die sonnetjie kon gaan geniet.
Die blommeklub kom op die tweede Donderdag van elke maand in die Anglikaanse Kerk byeen. Die kerk is op die hoek van Woltemade- en Amsterdamstraat in Die Heuwel. Verrigtinge begin om 10:00 en duur tot 12:00.

So ’n klubvergadering is ’n gesellige en leersame ervaring, en hulle verwelkom graag nuwe lede.
Skakel die voorsitter Lucille Lamb: 082 476 0239 of die streekvoorsitter, Peggy du Toit: 082 736 7306, of daag net op.

Maria van der Linde en Wendy Wadsworth geniet die kunsuitstalling.
Maria van der Linde en Wendy Wadsworth geniet die kunsuitstalling.

Back to top button