EntertainmentLifestyleUpdate

Net pret by Vonkelfees

Met lekker musiek, optredes en ’n speelpark, was hierdie jaar se Vonkelfees ’n hoogtepunt op die jaar se kalender.

Die fees wat jaarliks deur die Nederduits Hervormde Kerk, Noord-gemeente aangebied word, het van Vrydag 28 Februarie tot Sondag 2 Februarie geduur met baie om te doen, te eet, te sien en te koop.

Vrydag 28 Februarie se Country Legendes vertoning het country-liefhebbers aan die voete van legendes, soos Clive Bruce, Barbara Ray en Lance James gehad.

Saterdag 1 Maart is die oulikste baba’s en kleuters aangewys en die mooistes van die stad gekroon.
In die baba- en kleuterkompetisie was die kategorie-wenners soos volg:
7-9 maande:  Ziuné, 10-12 maande: Arno Strydom, 13-15 maande: Caleb Staebler, 16-18 maande: Chantell Kirk, 19-24 maande: 4de plek Zanel Viljoen, 3de plek Suri Visser, 2de plek Chanté Oosthuizen en wenner Ruan Engelbrecht.

Die wenners van die krone is soos volg:
*Tiny Mej.Vonkelfees 2014 (3-4 jr)  – Hailey Janse van Nieuwenhuizen
*Klein Mej.Vonkelfees 2014 (5-7jr) – Niki de Haas
*Junior Mej. Vonkelfees 2014 (8-10jr) – Jade Sutton.
*Pre-Teen Mej. Vonkelfees 2014 (11-13jr) – Talitha Botha.
*Tiener Mej. Vonkelfees 2014 (14-16jr) – Heike Hartzenberg en Marion Gibson (eerste prinses).
*Mej. Vonkelfees 2014 (17+) – Hannelie Jacobs en Lindie Viljoen (eerste prinses).
*Mev. Vonkelfees 2014 – Liana Pretorius, Joey Viljoen (eerste prinses) en Kathleen Janse van Nieuwenhuizen (tweede prinses).
Danté Marriott is gekroon as Junior Mnr. Vonkelfees 2014 en Jacques de Koker as Sir Vonkelfees 2014.
Sandra Maritz, organiseerder, het gesê dat hulle hierdie jaar nie kon besluit wie die wenner van die Vonkelvrou 2014 toekenning moet wees nie, want die dames wat genomineer was beteken so baie vir die gemeenskap.

Om die rede was daar vanjaar twee Vonkelvroue:
Amanda Botha, redakteur van die Witbank Nuus vir haar betrokkenheid by verskeie welsyns- en gemeenskapsprojekte in die stad asook die Santa’s Workshop projek vir minderbevoorregte kinders en gestremdes en Wilna Botha, eienaar van R5 Price Beat vir al haar ondersteuning en hulp by  Immergroen Ouetehuis en veral die opgradering en mooimaak projek verlede jaar by die ouetehuis wat deur haar begin en deurgevoer is.

Daar word reeds met groot afwagting uitgesien na volgende jaar se Vonkelfees.

You can read the full story on our App. Download it here.

Back to top button