EntertainmentLifestyle

Snotkop is op pad

Een van die land se mees populêrste kunstenaars gaan hier kom optree.

Snotkop tree op 1 Maart in die Tshwane Universiteit van Tegnologie-saal op. Die optrede begin om 19:00.

Snotkop, oftewel Francois Henning soos dit op sy geboortesertifikaat verskyn, het sy merk al diep in die musiekbedryf gekerf en spog met nie minder as 12 toekennings nie, waaronder ’n MK- en Huisgenoot Tempo toekenning.

Almal sal dadelik die bekende wysie ‘Parapapa’ herken en luidkeels saamsing. Dié is een van Snotkop se vele treffers.
Ander sluit in ‘Oppas’, ‘Ek laaik jol’ en ook die hartroerende liedjie ‘Song vir my Dad’.
Al se albums tot dusvêr is ’n unieke lewensreis tot waar Francois homself vandag bevind.

Sy eerste groot breek het in 2002 gekom in 2002 toe hy sy eerste platekontrak losgeslaan het as SA se eerste wit kwaitoster onder die verhoognaam ‘Lekgoa’. Dit was onmiddellik ‘n weghol-sukses en die volgende vyf jaar het hy spandeer tussen duisende, gillende aanhangers vanaf Soweto tot in Botswana. ‘Lekgoa’ het ook ‘n baie suksesvolle toer voltooi in Frankryk en London met van die land se grootste name soos Soul Brothers, Johnny Clegg en Mahotella Queens.

As tiener was hy baie doelgerig en vasbeslote om eendag ‘n popster te word en dit het hom soms as hardkoppig en as ‘n rebel laat voorkom. Sy pa, Jan, het hom ‘Snotkop’ gedoop, ‘n troetelnaam van jongs af wat Francois baie na aan die hart lê.Vandag is Snotkop dié naam op elke Suid-Afrikaner se lippe.

Kaartjies kos R250 per persoon en kan by Marlene Pentz van Silverlining Produksies bespreek word. Skakel Marlene op 072 965 5797.

Back to top button