School sportSport

Toekomstige Proteas

Laerskool Klipfontein en Laerskool Taalfees het behoorlik kragte gemeet tydens die mini-krieket wedstryd wat laas week gehou was.

Laerskool Klipfontein en Laerskool Taalfees het behoorlik kragte gemeet tydens die mini-krieket wedstryd wat laas week gehou was.


Lemuel Eager mik om die paaltjies raak te gooi.

Op Donderdag, 23 Augustus, het die onder sewes van Laerskool Klipfontein en Laerskool Taalfees ’n mini-krieketwedstryd op Taalfees se tuisgronde gespeel.


Lemuel Eager het die bal gevang.

“Pappa nou moet jy check,”

het ’n opgewonde Lemuel Eager uitgeskree.

Al die seuntjies het hulle harte uitgespeel en die wedstryd gate uit geniet. Elkeen het sy heel beste gegee en die wedstryd baie ernstig opgeneem.


Lemuel Eager mik om die bal te slaan.

Laerskool Taalfees het slegs met ses lopies vasgeval en Laerskool Klipfontein het as wenners weggestap.

Back to top button