School sportSport

HTS lewer top hokkie prestasies

Hoër Tegnies Skool seunshokkie wen oortuigend met hulle eerste skooliga wedstryd.

Die wedstryd was teen St. Thomas en HTS het met 8-0 gewen, en het ook hul plek losgespeel in die finaal en met 2-0 vir Hoërskool Bastion gewen. Die junior seuns wen Hoërskool Hugenote met 1-0.

HTS se hokkie-bokkies het skoonskip gemaak by die PUK Prestige semi-finaal wat by Hoёrskool Zwartkop Pretoria plaasgevind het.

Van die top prestasies is soos volg:
o.14A HTS teen Hoёrskool Hugenote 11-1;
o.16A HTS teen Hoёrskool Bastion 10-1;
HTS tweede span teen Hoёrskool Bastion 5-0;
HTS eerste span teen Hoёrskool Zwartkop 3-1;
o.15A HTS teen Hoёrskool Hugenote 3-1;
o.14B HTS teen Hoёrskool Zwartkop 1-0.

Back to top button