HTS bloues skitter op die sportveld

Hoër Tegnies Skool se eerste netbalspan het Saterdag vir ’n opskudding gesorg toe die span teen Potchefstroom Gimnasium kragte gemeet het en die verdedigende kampioen van die Netbal trofee in die PUK-Prestige-reeks geklop het met 24-18.

Vanuit die staanspoor het die HTS-span met oorgawe baie druk toegepas en geensins teruggedeins vir die meisies van Potchefstroom nie. Met die aanvang van die laaste kwart was die Briljante Bloues met twee doele voor.

HTS Witbank het gemengde welslae behaal in hulle tweede PUK-reeks wedstryde teen Potch Gimnasium die naweek.
Al die hokkiespanne het brilante hokkie gespeel en Gimmies laat sweet met tellings soos: o.14A 3-1, o15A 2-0, o.16A 1-2 en die tweede span 0-1. By die eerste span het Gimmies bekommerd gelyk toe hulle halftyd nog geen telling op die bord gehad het nie.

Alle wedstryde is opgedra aan wyle Francois Clarence.

Leatichia Oosthuizen met ‘n mooi aangee vir Tandeka Mabasa.
Tinalize Etsebeth vir die eerste hokkiespan.
Exit mobile version