Vanuit die staanspoor het HTS baie druk toegepas en na die eerste kwart 13-2 voorgeloop.
HGH het in die volgende kwart effens teruggekom, maar uiteindelik met 25-13 verloor.
HTS se o.16A’s en o.14A’s wen ook met onderskeidelik 19-10 en 14-6. Die ander twee spanne se tellings was o.17: 28-15 en o.15: 23-8.
HTS het ook die vorige week vir Hoërskool Kriel gekarnuffel met oorwinnings: o.14: 12-4, o.15: 12-7, o.16: 20-10 en o.18: 34-10.
HTS is dus weereens die kringwenners en moet nou teen Middelburg skole meeding om die posisie in Nkangala te bepaal.
Uitspeel-wedstryde vind plaas op 30 en 31 Mei te Learskool Taalfees.