School sportSport

Goeie seges vir HTS op die netbalbaan

Die Hoër Tegniese Skool se eerste netbalspan het die sterk span van Hoërskool Generaal Hertzog, oortuigend geklop.

Vanuit die staanspoor het HTS baie druk toegepas en na die eerste kwart 13-2 voorgeloop.

HGH het in die volgende kwart effens teruggekom, maar uiteindelik met 25-13 verloor.

HTS se o.16A’s en o.14A’s wen ook met onderskeidelik 19-10 en 14-6. Die ander twee spanne se tellings was o.17: 28-15 en o.15: 23-8.

HTS het ook die vorige week vir Hoërskool Kriel gekarnuffel met oorwinnings: o.14: 12-4, o.15: 12-7, o.16: 20-10 en o.18: 34-10.

HTS is dus weereens die kringwenners en moet nou teen Middelburg skole meeding om die posisie in Nkangala te bepaal.

Uitspeel-wedstryde vind plaas op 30 en 31 Mei te Learskool Taalfees.

Back to top button