School sportSport

HGH leer Lydenburg ’n rugbyles

Hoërskool Generaal Hertzog het Hoërskool Lydenburg gewys wie baas op die rugbyveld is.

Behalwe vir die wonderlik weer op Saterdag 10 Mei was die rugby wat gespeel is, briljant.

Die o.14A-span het hul wedstryd 26-5 gewen en behou hulle suksesvolle wenrekord van 98% vir 2014.

Die o.15A-span het ongelukkig vasgeval en die wedstryd 51-0 verloor, maar die wedstryd van die dag was die o.16A rugbyspanne. Lydenburg se o.16A-span, wat in 2013 in die finaal gespeel het, het vasgeval teen Hertzog in ’n puik wedstryd en Hertzog wen die wedstryd 19-12.
Die tweede span van HGH wen hul wedstryd gemaklik 12-0.

Die eer van die dag kom HGH se eerstes toe. Hulle het Lydenburg behoorlik laat les op sê, deur die wedstryd met ‘n oortuigende telling van 34-7 te wen. Hierdeur behaal Hertzog se o.14, o.16, tweede en eerste rugbyspan die top posisies in vanjaar se Groot Skole Beeldtrofee na rondte een.

Hertzog speel Saterdag 17 Mei tuis teen Hoërskool Secunda.

You can read the full story on our App. Download it here.

Back to top button