Local sportSport

Terence is reg vir Australië

Terence Opperman het Australië se armdruk kampioen uitgedaag vir ’n kragmeting.

“Ek is reg om die kampioen van die Suidelike Halfrond te word.”

Terence Opperman,  Suid Afrika se nommer een armdrukker het ’n tydjie gemaak om met WITBANK NUUS te gesels oor die uitdaging wat hy aan Lachlan Adair van Australië gerig het.

Terence het Lachlan Adair op sosiale media formeel uitgedaag. Lachlan is Australië se armdruk kampioen.

“Ek ken Lachlan glad nie en het nog nie teen hom gedruk nie. Ek het net ’n paar video’s van hom op Youtube gesien en kannie wag om teen hom kragte te meet nie,” het Terence gesê.

Terence het al ’n hele rits titels agter sy naam en is tans die nommer een in die super swaargewigafdeling in Suid-Afrika.

As hy vir Lachlan wen, dan sal hy die nommer een armdrukker in die Suidelike Halfrond wees.

SIEN DIE VIDEO HIER HOE TERENCE 100kg MET EEN ARM OPTEL

Die enigste ‘spierkramp’ in die reëlings is dat Terence vir twee weke lank eers in kwarantyn moet deurbring en dit beteken dat hy nie sy daaglikse kwota oefening sal inkry voor die kragmeting nie.

Dié sportman maak van elke geleentheid gebruik om te oefen. Hy het sy eie besigheid en sal dikwels in sy bakkie voor ’n kliënt se huis gesien word besig om met gewigte te oefen.

’n Paar weke terug het Terence dit reggekry om ’n 100kg gewig met elke hand op te tel.

“As jy reg ingestel en gefokus is, kan jy enige iets vermag. Dit was my doel om ’n 100kg te kan optel. Dit was glad nie maklik nie en het baie inspanning geverg, maar dit is gedoen,” het hy na die sessie opgewonde vertel.

Terence is een van min armdrukkers wat met gemak met sy linker- en regterhand kan druk. Dit is een van die elemente wat hom so ’n sukses op die tafel maak.

Met Covid wat nog die hoofrol in baie reëlings speel, word daar styf duim vasgehou dat Terence binnekort op pad Australië en Dubai toe sal wees om te wys waarom hy gereken word as een van die wêreld se beste armdrukkers.

Deel jou nuuswenke met ons via:

  • Telefoon: 013 656 2490
  • WhatsApp: 060 866 8682
  • Epos: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

     Instagram

     Twitter

     Witbank News toep

     Facebook page

     Witbank News Breaking

Back to top button