Video: Groot rugby binnekort in Ga-Nala

Daar is tot laatmiddag gewerk en teen die einde van die dag was die reuse verskil reeds sigbaar

Daar gaan binnekort weer rugby en sokker op Ga-Nala se sportvelde gespeel word.

Op Saterdag 8 Februarie het die twee sportkodes bymekaar gekom en die rugby- en sokkervelde bietjie onder hande geneem en skoongemaak.

Daar is tot laatmiddag gewerk en teen die einde van die dag was die reuse verskil reeds sigbaar.

Estiaan Pretorius van Kriel Saders Rugbyklub is baie opgewonde oor die toekoms van sport in dié Hoëveldse dorp.

“Ons het almal skouer aan die wiel gesit en binnekort gaan die rugby- en sokkerklub weer uithaler sport bied,” het Estiaan gesê.

Hy nooi almal om Kriel Saders Rugbyklub op Facebook te volg vir brokkies nuus en ook inligting oor opkomende wedstryde.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version