Local sportSport

Christelle gooi lyn SA’s toe

Hengel is meer as net ʼn stokperdjie vir Christiaan en Christelle het baie geleer by hom

Hengel word nie elke dag beskryf as ʼn sport om in te presteer nie, maar eerder as ’n stokperdjie.

Vir Christelle Enslin, (22) het dit alles as ʼn stokperdjie begin drie jaar gelede toe sy haar kêrel, Christiaan Pretorius, ontmoet het.

Hengel is meer as net ʼn stokperdjie vir Christiaan en Christelle het baie geleer by hom.

Sy het dit vinnig gesnap en dit was nie lank voor dit vir haar, net soos vir Christiaan, ʼn groot passie geword het nie.

Christelle is bly dis iets wat sy en haar kêrel saam kan geniet.

Sy hengel op die oomblik vir Vasbyt Hengelklub.

Christiaan Pretorius en Christelle Enslin spog met hul aantal visse.

Haar laaste byeenkoms was die NOM (Noordoos-Mpumalanga) damesproewe waar sy ʼn derde plek gevang het.

Christelle het gekwalifiseer vir die Dames SA kompetitisie waar sy Noordoos Mpumalanga gaan verteenwoordig vanaf 7 tot 12 Februarie by Bloemhofdam.

Om te kwalifiseer vir die SA’s, moet jy deur vier proewe rondtes hengel en presteer.

Christelle is lief vir die hengelkompetisie en die natuur en beoefen dit tot haar voordeel.

Christelle sê: “My gunsteling deel is die dinkwerk en hoe om die vis te kry dat hulle byt, wat gaan my aas beter maak as die persoon langs my. Van alles is dit die natuur wat net ’n rustigheid oor my bring”.

Christelle sien uit na haar eerste SA byeenkoms en sê: “Ek is baie opgewonde, maar weet nie wat om te verwag nie, dit is die ondervinding wat ek gaan opdoen waarna ek die meeste uitsien en terugkom as ’n sterker hengelaar”.

Sy is op die oomblik besig om haarself voor te berei vir haar eerste SA’s en is ook op soek na borge – Indien u haar moontlik wou bystaan, skakel haar gerus by 060 661 5834 of 078 800 6014.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button