Local sportSport

Eastvaal Rugbyklub gereed vir Gold Cup

Eastvaal Rugbyklub sien uit na ’n opwindende jaar. Oefening vind elke Dinsdag en Donderdag vanaf 18:00 tot 20:00 plaas.

’n Nuwe jaar met ’n nuwe doel vir Eastvaal Rugbyklub het op Dinsdag, 7 Januarie afgeskop met hul eerste oefensessie vir die 2020-seisoen.

Eastvaal Rugbyklub is hard aan die werk om hulle spanne reg te ruk vir ’n reuse seisoen van rugby. Hulle neem die jaar deel aan die Gold Cup-toernooi.

Die eerste Gold Cup-wedstryd begin op 23 Maart teen Dragons Rugbyklub van Pretoria.

Die Gold Cup is ’n onvoorspelbare toernooi; na die eerste rondte wat gespeel word, sal dit na ’n wen of verloor bepaal watter span Eastvaal Rugbyklub volgende gaan aanpak. Elke rondte wat gespeel word is van belang en word gesien as ’n uitspeelrondte.

Die oefengroep luister in spanning wat die volgende fiksheid oefening is.

Frik Visagie, Eastvaal Rugbyklub-voorsitter sê: “Dié gaan ’n groot seisoen wees vir Eastvaal Rugbyklub en die manne sal reg wees vir elke wedstryd wat op ons pad wag”.

Voor die Gold Cup-afskop het Eastvaal Rugbyklub drie vriendskaplike wedstryde om die spelers voor te berei – nie net vir ’n groot seisoen nie, maar om sleutelposisies te identifiseer.

Die eerste vriendskaplike stryd is op Saterdag, 22 Februarie teen Korrektiewe Dienste Pretoria wat ook bekend is as ’n span wat deelneem in die Gold Cup. Die tweede stryd is op 29 Februarie by Springs Rugbydag en die derde stryd is by Nigel Rugbydag wat op 7 Maart plaasvind.

Eastvaal Rugbyklub sien uit na ’n opwindende jaar. Oefening vind elke Dinsdag en Donderdag vanaf 18:00 tot 20:00 plaas.

Vir meer inligting, skakel Frik Visagie by 082 558 8856.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button